Share this page:  
 

Multilingual Scriptures

(Compare books in 2 different language versions of your choice)

Comparison Search:

Select Language version and font:
You can only select max. of two versions.
Book:
Chapter:
Verse:
---------
From: To:

Free Search:

Select Language version and font:
Enter search text:

Multilingual Scriptures Home » Afrikaans 1953 Bible » Habakkuk

Afrikaans 1953 Bible
Chapter # Verse # Verse Detail
11Die Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het.
12Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! --maar U help nie?
13Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.
14Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
15Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.
16Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
17Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
18En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op 'n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos 'n arend wat op sy prooi neerskiet!
19Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.
110Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom 'n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop grond daarteen op en neem dit in.
111Dan gly hy verby, 'n wind, en trek verder--maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
112Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem!
113U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie--waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?
114So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.
115Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig.
116Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy seën; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig.
117Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?
21Op my wagtoring wil ek gaan staan en op 'n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.
22Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
23Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:
24Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
25En bowendien, die wyn is 'n bedrieër, 'n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik--hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar.
26Sal hulle nie almal oor hom 'n spreuk, 'n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie--hoe lank? --en hom beswaar met verpande goed.
27Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle 'n prooi word nie?
28Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
29Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.
210Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.
211Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.
212Wee hom wat 'n stad bou met bloed en 'n vesting stig deur onreg.
213Kyk, kom dit nie van die HERE van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
214Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
215Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.
216Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer--drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer.
217Want die geweld aan die Líbanon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is--weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
218Wat baat 'n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, 'n gegote beeld, wat 'n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?
219Wee hom wat vir 'n stuk hout sê: Word wakker! vir 'n dooie klip: Ontwaak! Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie!
220Maar die HERE is in sy heilige tempel--swyg voor Hom, o ganse aarde!
31'n Gebed van Hábakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonot.
32HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
33God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.
34En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dáár is die omhulsel van sy krag.
35Voor Hom uit loop die pes, en 'n koorsgloed trek uit agter Hom aan.
36Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels--paaie van die ou tyd vir Hom.
37Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land Mídian bewe.
38Is dit teen riviere, o HERE, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?
39Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde.
310Die berge sien U en bewe van angs, 'n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.
311Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies.
312In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.
313U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.
314U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.
315U betree die see met u perde, 'n hoop magtige waters.
316Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons 'n aanval maak.
317Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie--
318nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
319Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.