Share this page:  
 

Multilingual Scriptures

(Compare books in 2 different language versions of your choice)

Comparison Search:

Select Language version and font:
You can only select max. of two versions.
Book:
Chapter:
Verse:
---------
From: To:

Free Search:

Select Language version and font:
Enter search text:

Multilingual Scriptures Home » Afrikaans 1953 Bible » Amos

Afrikaans 1953 Bible
Chapter # Verse # Verse Detail
11Die woorde van Amos, een van die skaapboere uit Tekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae van Ussía, koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.
12En hy het gesê: Die HERE brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.
13So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Damaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle Gílead met ysterdorssleë gedors het.
14Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die huis van Hásael, en dit sal die paleise van Bénhadad verteer.
15En Ek sal die grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê die HERE.
16So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Gasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om dit aan Edom uit te lewer.
17Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
18En Ek sal die inwoners uit Asdod uitroei en die wat die septer dra, uit Askelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die Here HERE.
19So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.
110Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
111So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Edom, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het en sy jammergevoel verstik het, sodat sy toorn altyd verskeur en hy gedurigdeur sy grimmigheid behou.
112Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
113So sê die HERE: Oor drie oortredinge van die kinders van Ammon, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die swanger vroue van Gílead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.
114Daarom sal Ek 'n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in 'n storm op die dag van die orkaan.
115En hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy vorste tesame, sê die HERE.
21So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.
22Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van Kérijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal.
23En Ek sal die regeerder onder hulle uitroei en al hulle vorste saam met hom doodmaak, sê die HERE.
24So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.
25Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.
26So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir 'n paar skoene.
27Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.
28En hulle strek hul uit op verpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.
29En tog het Ék die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.
210Ook het Ek julle uit Egipteland laat optrek en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, om die land van die Amoriet in besit te neem.
211En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.
212Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!
213Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos 'n wa kraak wat vol gerwe is;
214sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.
215En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie.
216En die dapperste onder die helde sal op dié dag naak wegvlug, spreek die HERE.
31Hoor hierdie woord wat die HERE oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:
32Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.
33Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?
34Sal 'n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal 'n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?
35Sal 'n voël in 'n net val op die grond as daar vir hom geen strik gestel is nie? Sal 'n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie?
36Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar 'n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?
37Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
38Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?
39Roep dit uit oor die paleise van Asdod en oor die paleise van Egipteland en sê: Versamel julle op die berge van Samaría, en aanskou die groot beroering in die midde van die stad en die verdrukking daarbinne.
310Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek die HERE--hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise.
311Daarom, so sê die Here HERE: 'n Vyand! En dit rondom die land; en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.
312So sê die HERE: Soos 'n herder 'n paar pote of 'n oorlappie red uit die bek van 'n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samaría in die hoek van 'n bed of op die damás van 'n rusbank sit.
313Hoor en waarsku die huis van Jakob, spreek die Here HERE, die God van die leërskare,
314dat Ek in die dag as Ek die oortredinge van Israel aan hom besoek, ook besoeking sal doen oor die altare van Bet-el, sodat die horings van die altaar afgekap sal word en op die grond val.
315Dan sal Ek die winterhuis saam met die somerhuis tref, en die huise van ivoor sal te gronde gaan, en baie huise sal verdwyn, spreek die HERE.
41Hoor hierdie woord, koeie van Basan, wat op die gebergte van Samaría is! Wat die armes verdruk, die behoeftiges hard behandel; wat aan hulle here sê: Bring aan en laat ons drink!
42Die Here HERE het gesweer by sy heiligheid: Kyk, daar sal dae oor julle kom dat hulle julle met hake sal optrek en die wat van julle oor is, met vishoeke.
43En julle sal deur bresse in die muur uittrek, elkeen sonder om weg te kyk, en julle sal weggewerp word na Harmon, spreek die Here HERE.
44Kom na Bet-el, en sondig! Na Gilgal, sondig nog meer! En bring julle slagoffers in die môre en julle tiendes al om die derde dag.
45En laat van wat gesuurd is, 'n lofoffer rook, en roep vrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here HERE.
46Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
47Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;
48en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
49Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
410Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam met die wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
411Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos 'n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
412Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel--maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!
413Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam!
51Hoor hierdie woord wat Ek oor julle as klaaglied aanhef, o huis van Israel!
52Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.
53Want so sê die Here HERE: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.
54Want so sê die HERE aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!
55Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.
56Soek die HERE, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos 'n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.
57Julle wat die reg in wilde-als verander en die geregtigheid teen die grond gooi!
58Hy wat die Sewe-ster en die Oríon gemaak het en die duisternis in môrelig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde--HERE is sy Naam!
59Hy wat verwoesting laat aanblits oor die sterke, en verwoesting kom oor die vesting!
510Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het 'n afsku van hom wat in opregtheid spreek.
511Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom 'n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.
512Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort.
513Daarom swyg die verstandige in so 'n tyd, want dit is 'n onheilspellende tyd.
514Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, só met julle kan wees soos julle sê.
515Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort--miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
516Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.
517Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneer Ek in jou midde deurtrek, sê die HERE.
518Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie.
519Soos wanneer iemand vlug vir 'n leeu, maar 'n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en 'n slang byt hom!
520Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder 'n ligstraal?
521Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
522Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.
523Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.
524Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.
525Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel,
526en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?
527Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die HERE wie se Naam God van die leërskare is.
61Wee die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaría, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!
62Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? --
63julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!
64Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!
65Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!
66Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.
67Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal 'n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.
68Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het 'n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
69En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.
610En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee--dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die HERE te vermeld nie!
611Want kyk, die HERE gee bevel, en hulle slaan die groot huis tot 'n puinhoop en die klein huis tot splinters.
612Kan perde draf op rotse, of kan 'n mens met osse daarop ploeë? --dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wilde-als.
613Julle wat bly is oor 'n nietige ding, wat sê: Het ons nie deur ons eie krag horings gekry nie?
614Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, 'n volk opwek, spreek die HERE, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdruk van die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte.
71Dit het die Here HERE my laat sien--kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.
72En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, sê ek: Here HERE, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.
73Toe het die HERE berou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur nie, het die HERE gesê.
74Dit het die Here HERE my laat sien--kyk, die Here HERE roep om 'n regstryd te voer deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en sou die akkerland verteer het.
75Toe sê ek: Here HERE, hou tog op! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.
76Die HERE het berou gekry oor hierdie saak. Dit sal ook nie gebeur nie, het die Here HERE gesê.
77Dit het Hy my laat sien--kyk, die Here het op 'n loodregte muur gestaan, en daar was 'n skietlood in sy hand.
78Toe sê die HERE vir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: 'n Skietlood. Daarop sê die Here: Kyk, Ek gaan 'n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.
79En die hoogtes van Isak sal verwoes word, en die heiligdomme van Israel sal puinhope wees, en teen die huis van Jeróbeam sal Ek met die swaard optree.
710Toe het Amásia, die priester van Bet-el, Jeróbeam, koning van Israel, laat weet: Amos het 'n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.
711Want so het Amos gesê: Jeróbeam sal deur die swaard sterwe, en Israel sal sekerlik uit sy land in ballingskap gaan.
712Toe sê Amásia vir Amos: Gaan weg, siener, vlug na die land Juda en eet daar brood en profeteer daar!
713Maar in Bet-el mag jy verder nie meer profeteer nie, want dit is 'n koninklike heiligdom en 'n tempel van die ryk.
714Toe het Amos geantwoord en aan Amásia gesê: Ek was geen profeet en ook geen profete-seun nie; maar ek was 'n veewagter en kweker van wildevyebome.
715Maar die HERE het my agter die kleinvee weggeneem, en die HERE het aan my gesê: Gaan heen, profeteer teen my volk Israel.
716Hoor dan nou die woord van die HERE! Jy sê: Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy mag geen woorde laat druppel teen die huis van Isak nie.
717Daarom, so sê die HERE: Jou vrou sal in die stad hoereer, en jou seuns sowel as jou dogters sal deur die swaard val, en jou grond met die meetsnoer verdeel word, en jy self sal in 'n onrein land sterwe, en Israel sekerlik in ballingskap uit sy land gaan.
81Dít het die Here HERE my laat sien--kyk, daar was 'n mandjie met somervrugte.
82En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: 'n Mandjie met somervrugte. Toe sê die HERE vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.
83En die liedere van die paleis sal in dié dag weeklaag, spreek die Here HERE: 'n menigte lyke; hulle gooi dit oral neer. Stilte!
84Hoor dit, julle wat die behoeftige vertrap en daarop uit is om die ootmoediges van die land uit te roei,
85deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit--om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met 'n valse weegskaal;
86om die armes vir geld te koop en die behoeftige vir 'n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop.
87Die HERE het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.
88Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie? Ja, dit sal oprys in sy geheel soos die Nyl en onstuimig opkook en wegsak soos die rivier van Egipte.
89En in dié dag, spreek die Here HERE, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
810En Ek verander julle feeste in rou en al julle liedere in klaagsang, en Ek bring op alle lendene 'n roukleed en op alle hoofde kaalheid. En Ek maak dit soos by die rou oor 'n enigste kind en die einde daarvan soos 'n bittere dag.
811Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.
812En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.
813In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk--
814hulle wat sweer by die skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.
91Ek het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die kapiteel van die pilaar, sodat die drumpels bewe; en verpletter hulle bo die hoof van almal! En Ek sal die wat van hulle oorbly, met die swaard ombring: die vlugteling uit hulle sal nie ontsnap nie, en geen vrygeraakte onder hulle homself red nie.
92Al dring hulle deur in die doderyk, my hand sal hulle daaruit haal; en al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal.
93En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor my oë op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang ontbied om hulle te byt.
94En al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar die swaard ontbied om hulle dood te maak; en Ek sal my oog op hulle rig ten kwade en nie ten goede nie.
95Ja, dit is die Here HERE van die leërskare wat die aarde aanraak, sodat dit bewe en almal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte.
96Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, HERE is sy Naam!
97Is julle nie vir My soos die kinders van Kus nie, o kinders van Israel? spreek die HERE. Het Ek Israel nie laat optrek uit Egipteland en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?
98Kyk, die oë van die Here HERE is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die HERE.
99Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in 'n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.
910Al die sondaars van my volk sal deur die swaard sterwe, die wat sê: Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie.
911In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;
912sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die HERE wat dit doen.
913Kyk, die dae kom, spreek die HERE, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees.
914En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
915En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê die HERE jou God.