Share this page:  
 

Multilingual Scriptures

(Compare books in 2 different language versions of your choice)

Comparison Search:

Select Language version and font:
You can only select max. of two versions.
Book:
Chapter:
Verse:
---------
From: To:

Free Search:

Select Language version and font:
Enter search text:

Multilingual Scriptures Home » Afrikaans 1953 Bible » Proverbs

Afrikaans 1953 Bible
Chapter # Verse # Verse Detail
11Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,
12om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,
13om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;
14om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;
15laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,
16om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.
17Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
18My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
19want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.
110My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;
111as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak,
112laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;
113allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;
114jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê--
115my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;
116want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;
117want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:
118so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.
119So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.
120Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,
121op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:
122Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?
123Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.
124Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,
125en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,
126daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;
127as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.
128Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.
129Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie,
130van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,
131daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.
132Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;
133maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.
21My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
22sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
23ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
24as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
25dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind
26(want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
27en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
28deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);
29dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid--elke goeie pad.
210Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
211oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
212om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
213van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;
214die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
215van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
216om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
217(wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;
218want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
219almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)
220sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
221want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
222maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.
31My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
32want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
33Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
34dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.
35Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
36Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
37Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;
38dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
39Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
310dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
311My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
312want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
313Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
314want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;
315dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
316In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
317sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
318Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
319Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;
320deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
321My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,
322dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
323dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;
324as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
325Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
326want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
327Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
328Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee--terwyl jy dit het.
329Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
330Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
331Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.
332Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
333Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
334As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
335Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
41Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;
42want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
43Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,
44het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.
45Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
46verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
47Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
48Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.
49Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf.
410Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
411In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;
412as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
413Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
414Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
415Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
416want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.
417Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
418Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,
419is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
420My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,
421laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.
422Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.
423Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
424Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
425Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.
426Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,
427wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
51My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,
52dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;
53want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,
54maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos 'n swaard aan weerskante skerp.
55Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.
56Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.
57Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.
58Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,
59sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;
510sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie
511en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,
512en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,
513en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!
514Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.
515Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.
516Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?
517Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.
518Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug--
519die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.
520Maar waarom sou jy, my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?
521Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange.
522Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.
523Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.
61My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir 'n vreemde jou handslag gegee het,
62verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,
63doen dan dit, my seun, om jouself te red--want jy het in die hand van jou naaste geraak--gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste,
64gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;
65red jou soos 'n gemsbok uit die hand, en soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger.
66Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!
67Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,
68maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.
69Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?
610Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus!
611So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man.
612'n Deugniet, 'n kwaaddoener is hy wat met 'n valse mond rondloop,
613wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;
614in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.
615Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.
616Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel 'n gruwel:
617trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,
618'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,
619een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
620Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
621bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;
622mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.
623Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig en die teregwysinge van die tug 'n weg tot die lewe,
624om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong.
625Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;
626want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe.
627Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?
628Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?
629So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.
630'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;
631en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.
632Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;
633slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;
634want jaloersheid is 'n toorngloed in 'n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;
635hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.
71My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;
72onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;
73bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.
74Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,
75sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.
76Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,
77en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk,
78wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,
79in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.
710En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart--
711sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie--
712nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.
713En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
714Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;
715daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.
716Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;
717ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel--
718kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.
719Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,
720die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.
721Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
722Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,
723totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg--sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
724Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.
725Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
726Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
727Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
81Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?
82Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,
83aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:
84Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.
85Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.
86Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.
87Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.
88Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,
89hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.
810Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.
811Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
812Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.
813Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.
814Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.
815Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;
816deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.
817Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.
818Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.
819My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.
820Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,
821om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.
822Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.
823Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.
824Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;
825voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;
826toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.
827Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;
828toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;
829toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het--
830toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,
831en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.
832Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.
833Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.
834Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.
835Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE.
836Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.
91Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,
92haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.
93Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
94Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
95Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;
96laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
97Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
98Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
99Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
910Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
911Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
912As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
913Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
914en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,
915om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
916Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
917Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
918Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.
101Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.
102Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
103Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
104Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
105Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.
106Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
107Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.
108Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
109Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
1010Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.
1011Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
1012Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.
1013Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.
1014Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.
1015Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.
1016Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.
1017'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
1018Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
1019By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
1020Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
1021Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
1022Die seën van die HERE--dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
1023Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.
1024Waar die goddelose bang voor is--dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.
1025Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.
1026Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.
1027Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.
1028Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
1029Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
1030Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.
1031Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.
1032Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
111'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae.
112Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.
113Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.
114Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.
115Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.
116Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang.
117By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.
118Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.
119Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.
1110Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.
1111Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.
1112Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil.
1113Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.
1114As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.
1115Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.
1116'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.
1117'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees.
1118Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.
1119Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.
1120Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.
1121Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.
1122'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid.
1123Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn.
1124Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.
1125Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
1126Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.
1127Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.
1128Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.
1129Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is.
1130Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.
1131As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!
121Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.
122Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man.
123Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.
124'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente.
125Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.
126Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.
127Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.
128Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.
129Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.
1210Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.
1211Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.
1212Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.
1213In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
1214Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug.
1215Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.
1216Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.
1217Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.
1218Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.
1219'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik.
1220Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
1221Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.
1222Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
1223'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.
1224Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.
1225Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.
1226Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.
1227Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens.
1228Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.
131'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.
132Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.
133Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
134Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.
135Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
136Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.
137Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.
138Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.
139Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.
1310Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
1311Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
1312'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.
1313Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
1314Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
1315'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.
1316Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.
1317'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.
1318Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.
1319'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.
1320Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
1321Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.
1322'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.
1323Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.
1324Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
1325Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.
141Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
142Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.
143In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.
144Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
145'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit.
146Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.
147Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.
148Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.
149Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.
1410Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.
1411Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.
1412Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
1413Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.
1414Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.
1415Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.
1416Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.
1417Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.
1418Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.
1419Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.
1420Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.
1421Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
1422Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.
1423In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
1424Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.
1425'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.
1426In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
1427Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
1428In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.
1429Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
1430'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.
1431Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
1432In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood.
1433Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.
1434Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
1435Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.
151'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
152Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
153Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
154Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
155Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
156In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.
157Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
158Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
159Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
1510'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
1511Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
1512Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.
1513'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.
1514Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
1515Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
1516Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.
1517Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.
1518'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
1519Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
1520'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.
1521Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.
1522Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
1523'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
1524Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
1525Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.
1526Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
1527Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
1528Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
1529Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
1530Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
1531Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
1532Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
1533Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
161Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.
162Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.
163Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.
164Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
165Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.
166Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad.
167As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
168Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg.
169Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.
1610Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.
1611'n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die HERE, al die weegstene in die sak is sy werk.
1612Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.
1613Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek.
1614Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring.
1615In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.
1616Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.
1617Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.
1618Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.
1619Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.
1620Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.
1621'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.
1622'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.
1623Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.
1624Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.
1625Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
1626Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.
1627'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.
1628'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.
1629'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie.
1630Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.
1631Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.
1632Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.
1633In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.
171Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.
172'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.
173Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.
174Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.
175Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.
176Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
177Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!
178Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
179Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
1710'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.
1711Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.
1712Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.
1713Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.
1714Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
1715Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.
1716Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?
1717Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.
1718Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.
1719Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.
1720Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.
1721Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.
1722'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.
1723Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.
1724Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.
1725'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.
1726Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie--om edeles te slaan is onbetaamlik.
1727Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.
1728Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
181Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.
182Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.
183As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.
184Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.
185Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.
186Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
187Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.
188Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
189Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester.
1810Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
1811Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding.
1812Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.
1813Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees.
1814Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees--wie kan dit opbeur?
1815Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.
1816Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.
1817Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
1818Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.
1819'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.
1820Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.
1821Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
1822Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry.
1823Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge.
1824'n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.
191'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.
192Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
193'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.
194Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
195'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
196Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.
197Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde--weg is hulle!
198Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
199'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
1910Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!
1911Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.
1912Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.
1913'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.
1914Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE.
1915Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.
1916Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
1917Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
1918Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.
1919Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.
1920Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.
1921Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, dié sal bestaan.
1922Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.
1923Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.
1924Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.
1925Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.
1926Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.
1927Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.
1928'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.
1929Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.
201Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.
202Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.
203Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.
204In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.
205Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep.
206Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?
207Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige--gelukkig is sy kinders ná hom.
208'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.
209Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?
2010Twee soorte gewig, twee soorte maat--hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.
2011Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.
2012'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien--die HERE het hulle altwee gemaak.
2013Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.
2014Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.
2015Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis.
2016Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.
2017Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.
2018Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.
2019Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.
2020Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.
2021'n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is--die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.
2022Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.
2023Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie.
2024Die voetstappe van 'n man hang van die HERE af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan?
2025Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.
2026'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.
2027Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.
2028Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon.
2029Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.
2030Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste.
211Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.
212Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.
213Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.
214Hoogheid van oë en trotsheid van hart--die glans van die goddelose is sonde.
215Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.
216Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem--dodelike valstrikke.
217Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.
218Gekronkeld is die weg van 'n skuldige mens; maar die reine--sy handeling is reg.
219Dit is beter om op die hoek van 'n dak te woon as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.
2110Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.
2111As 'n mens 'n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as 'n mens 'n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.
2112Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.
2113Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.
2114'n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en 'n geskenk in die skoot die heftige woede.
2115Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar 'n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.
2116'n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.
2117Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.
2118Die goddelose is 'n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.
2119Dit is beter om in 'n woeste land te woon as by 'n twisgierige vrou en ergernis.
2120'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur.
2121Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.
2122Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.
2123Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.
2124'n Vermetele, 'n trotsaard word 'n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.
2125Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;
2126die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.
2127Die offer van die goddelose is 'n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.
2128'n Leuenagtige getuie kom om; maar 'n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.
2129Die goddelose trek 'n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.
2130Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie.
2131Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.
221'n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.
222Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.
223'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
224Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.
225Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
226Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
227Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
228Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.
229Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.
2210Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.
2211Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is--die koning is sy vriend.
2212Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.
2213Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
2214Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.
2215As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.
2216Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.
2217Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.
2218Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.
2219Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.
2220Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,
2221om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?
2222Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.
2223Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.
2224Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,
2225sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.
2226Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.
2227As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?
2228Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.
2229Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk--hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.
231Sit jy aan om saam met 'n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is,
232en sit 'n mes op jou keel as jy 'n goeie eetlus het.
233Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.
234Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.
235Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!
236Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.
237Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.
238Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.
239Spreek nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.
2310Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.
2311Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.
2312Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.
2313Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.
2314Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.
2315My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.
2316En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.
2317Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die HERE.
2318Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
2319Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.
2320Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.
2321Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.
2322Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.
2323Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.
2324Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.
2325Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.
2326My seun, gee my jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.
2327Want 'n hoer is 'n diep kuil, en 'n ontugtige vrou is 'n nou put.
2328Sy lê ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.
2329By wie is "Ag!"; by wie is "Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?
2330By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
2331Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
2332op die end byt dit soos 'n slang en spuug gif uit soos 'n basilisk.
2333Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
2334en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.
2335Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie!
2336Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.
241Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
242Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
243Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
244en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
245'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.
246Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
247Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
248Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.
249Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.
2410Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
2411Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!
2412As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! --sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
2413Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
2414Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
2415Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.
2416Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
2417As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
2418dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
2419Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.
2420Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
2421My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.
2422Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?
2423Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
2424Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! --die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
2425Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
2426Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
2427Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
2428Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
2429Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen--ek sal die man vergelde na sy werk.
2430Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,
2431en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
2432En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
2433Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;
2434dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.
251Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het.
252Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur.
253Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.
254Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom;
255verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.
256Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.
257Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! --as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het.
258Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?
259Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie,
2510sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.
2511Goue appels op versierde silwerborde, so is 'n woord op sy tyd gespreek.
2512'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.
2513Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.
2514'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.
2515Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente.
2516Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.
2517Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.
2518'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.
2519'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid.
2520Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom.
2521As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.
2522Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.
2523Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat--kwaai gesigte.
2524Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.
2525Koue water op 'n vermoeide siel, so is 'n goeie tyding uit 'n ver land.
2526'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.
2527Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer.
2528'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.
261Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.
262Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.
263'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.
264Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.
265Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.
266Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.
267Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
268Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.
269Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
2610Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.
2611Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.
2612Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.
2613Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.
2614'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
2615Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.
2616Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
2617Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.
2618Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,
2619so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.
2620Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.
2621Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.
2622Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
2623Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is--so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.
2624Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.
2625As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.
2626Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
2627Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom.
2628'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.
271Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.
272Laat 'n ander jou prys en nie jou eie mond nie; 'n vreemde, en nie jou eie lippe nie.
273Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.
274Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?
275Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.
276Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.
277'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir 'n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
278Soos 'n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is 'n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
279Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van 'n vriend vanweë welgemeende raad.
2710Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
2711Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.
2712As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.
2713Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir 'n onbekende.
2714Wie vroeg in die môre sy naaste met 'n harde stem 'n seën toeroep, dit sal hom as 'n vloek aangereken word.
2715'n Aanhoudende gedrup op die dag van 'n stortreën en 'n twisgierige vrou is net eenders.
2716Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
2717Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.
2718Wie 'n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.
2719Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.
2720Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van 'n mens nie versadig nie.
2721Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet.
2722Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.
2723Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;
2724want 'n skat is nie vir ewig nie--of sal 'n kroon wees van geslag tot geslag?
2725As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,
2726dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir grond,
2727en genoeg bokmelk as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.
281Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu.
282Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.
283'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.
284Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.
285Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.
286Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.
287Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.
288Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.
289Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.
2810Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.
2811'n Ryk man is wys in sy eie oë; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë.
2812As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.
2813Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
2814Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.
2815'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers.
2816'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
2817'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.
2818Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.
2819Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.
2820'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.
2821Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan.
2822'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.
2823Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.
2824Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! --hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel.
2825Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik.
2826Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.
2827Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.
2828As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.
291'n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.
292As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.
293'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
294'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.
295'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.
296In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.
297Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.
298Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.
299Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.
2910Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.
2911'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.
2912'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.
2913Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë.
2914'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.
2915Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
2916As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.
2917Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.
2918As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.
2919Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.
2920Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.
2921As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.
2922'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.
2923Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.
2924Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.
2925Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.
2926Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE.
2927'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.
301Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.
302Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.
303En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.
304Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun--as jy dit weet?
305Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.
306Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie.
307Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:
308Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;
309dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
3010Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.
3011Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,
3012'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
3013'n geslag--hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! --
3014'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.
3015Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! --
3016die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!
3017'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag--die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.
3018Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:
3019die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.
3020So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.
3021Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:
3022onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het;
3023onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.
3024Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:
3025die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;
3026die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;
3027die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;
3028die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.
3029Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:
3030die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;
3031die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.
3032As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het--die hand op die mond!
3033Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.
311Die woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:
312Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?
313Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.
314Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;
315anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.
316Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.
317Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.
318Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.
319Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.
3110Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
3111Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
3112Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
3113Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.
3114He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar--van ver af bring sy haar brood in.
3115Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.
3116Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd.
3117Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.
3118Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.
3119Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.
3120Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.
3121Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.
3122Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.
3123Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.
3124Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.
3125Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.
3126Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.
3127Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.
3128Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:
3129Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.
3130Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
3131Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poort.