Share this page:  
 

Multilingual Scriptures

(Compare books in 2 different language versions of your choice)

Comparison Search:

Select Language version and font:
You can only select max. of two versions.
Book:
Chapter:
Verse:
---------
From: To:

Free Search:

Select Language version and font:
Enter search text:

Multilingual Scriptures Home » Afrikaans 1953 Bible » Job

Afrikaans 1953 Bible
Chapter # Verse # Verse Detail
11Daar was 'n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad.
12En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore.
13Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.
14En sy seuns was gewoond om 'n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink.
15En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen.
16En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.
17Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
18En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.
19En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?
110Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
111Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het--waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
112Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.
113En op 'n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer,
114kom 'n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle,
115het die Sabeërs 'n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
116Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
117Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en 'n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
118Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,
119toe daar meteens 'n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
120Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval
121en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!
122By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie,
21En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.
22Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
23En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
24Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;
25maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan--waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
26En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
27En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
28En hy het vir hom 'n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.
29Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!
210Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
211En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.
212En toe hulle op 'n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.
213En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand 'n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.
31Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
32En Job het begin en gesê:
33Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.
34Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
35Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
36Daardie nag--mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
37Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.
38Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.
39Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.
310Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.
311Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?
312Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?
313Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,
314saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;
315of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.
316Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.
317Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.
318Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
319Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
320Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;
321wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;
322wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?
323Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?
324Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
325As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.
326Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!
41Toe antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:
42As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou--wie kan dit?
43Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
44Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
45Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae!
46Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
47Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
48Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.
49Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
410Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller--ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
411Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
412Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,
413by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
414Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
415Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
416Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie--'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:
417Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?
418Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
419Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.
420Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
421Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.
51Roep maar--is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?
52Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
53Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.
54Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.
55Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.
56Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.
57Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.
58Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,
59aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
510wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;
511om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
512Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;
513wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
514Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
515So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
516So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.
517Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
518Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
519In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
520In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
521As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
522Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.
523Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
524En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
525Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
526Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.
527Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.
61Maar Job het geantwoord en gesê:
62Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef!
63Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.
64Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.
65Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer?
66Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier?
67My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.
68Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!
69En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!
610Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.
611Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?
612Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?
613Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?
614Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.
615My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,
616wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg--
617in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.
618Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.
619Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.
620Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.
621So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.
622Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë?
623Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?
624Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.
625Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig?
626Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind!
627Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.
628Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.
629Keer tog terug--laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug--nóg is my geregtigheid daar.
630Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?
71Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?
72Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,
73so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.
74As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.
75My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.
76My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.
77Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.
78Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my--en ek is daar nie!
79Die wolk verdwyn en gaan heen--so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.
710Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.
711So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.
712Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?
713As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,
714dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,
715sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.
716Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
717Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?
718En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?
719Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?
720As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?
721En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.
81Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
82Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?
83Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?
84As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
85As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,
86as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
87dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
88Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
89(want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die aarde is;)
810sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
811Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
812Nog is dit in sy volle groei--sonder dat dit afgepluk word--dan verdor dit voor al die ander gras.
813So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;
814sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.
815Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
816Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
817Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.
818As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.
819Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!
820Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
821Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,
822sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose--weg is dit!
91Maar Job het geantwoord en gesê:
92Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?
93As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
94Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
95Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
96wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
97wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;
98wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
99wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
910wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
911Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
912Sleep Hy weg--wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?
913God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
914Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
915Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!
916As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.
917Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
918my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.
919Kom dit aan op die krag van die sterkste--hier is Ek! En kom dit op reg aan--wie kan My dagvaar?
920Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.
921Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!
922Dit is net eenders--daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
923As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.
924Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
925Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
926Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.
927As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,
928dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.
929Ek sal tog skuldig wees--waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?
930Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,
931dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.
932Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
933Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.
934Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;
935dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.
101Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.
102Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
103Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?
104Het U vleeslike oë? Of sien U soos 'n mens sien?
105Is u dae soos die dae van 'n mens, of u jare soos die dae van 'n man?
106dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,
107ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?
108U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!
109Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?
1010Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?
1011Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.
1012Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.
1013Maar daarby het U dít verberg in u hart, ek weet dat dít u toeleg was:
1014As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.
1015Was ek skuldig--wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.
1016En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.
1017U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder--altyd nuwe leërafdelings teen my!
1018Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het.
1019Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.
1020Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees,
1021voordat ek heengaan--en nie terugkom nie--na die land van duisternis en doodskaduwee,
1022'n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee 'n skynsel--soos middernag!
111Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
112Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?
113Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot--sonder dat iemand jou beskaamd maak--
114en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
115Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
116En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.
117Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
118Hoogtes van die hemel is dit--wat kan jy doen? Dieper as die doderyk--wat kan jy weet?
119Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
1110As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep--wie sal Hom dan teëhou?
1111Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
1112So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.
1113As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom
1114--as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie--
1115ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
1116Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
1117En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker--dit sal wees soos die môre!
1118En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond--jy sal in veiligheid gaan slaap.
1119Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.
1120Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is--uitblasing van die laaste asem.
121Maar Job het geantwoord en gesê:
122Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
123Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
124Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het--'n belagging is die regverdige, die opregte!
125Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
126Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
127Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
128of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
129Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
1210In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
1211Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
1212By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.
1213By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.
1214Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.
1215Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
1216By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.
1217Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.
1218Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.
1219Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.
1220Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.
1221Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.
1222Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
1223Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.
1224Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.
1225Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.
131Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
132Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
133Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
134Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
135Ag, as julle maar heeltemal sou swyg--dan sou dit vir julle wysheid wees!
136Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
137Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
138Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
139Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
1310Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
1311Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
1312Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
1313Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.
1314Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
1315Kyk, al wil Hy my ombring--ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
1316Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
1317Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
1318Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.
1319Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
1320Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
1321trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
1322Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
1323Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
1324Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?
1325Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
1326dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
1327en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;
1328en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.
141Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
142Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.
143En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
144Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine--nie een nie!
145As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
146kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus--totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.
147Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
148As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof--
149van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.
1410Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en--waar is hy?
1411Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog--
1412so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
1413Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!
1414As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;
1415U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.
1416Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?
1417My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.
1418Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;
1419die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens--U maak dit tot niet.
1420U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.
1421Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
1422Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.
151Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
152Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind--
153deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?
154Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.
155Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.
156Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.
157Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
158Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
159Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?
1510Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.
1511Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek?
1512Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so--
1513dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?
1514Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
1515Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;
1516hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
1517Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;
1518wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer;
1519aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.
1520Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.
1521Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.
1522Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
1523Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis.
1524Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval,
1525omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het
1526(hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde);
1527omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het,
1528en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.
1529Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
1530Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
1531Laat hom nie vertrou op nietigheid nie--hy kom bedroë uit! --want nietigheid sal sy vergelding wees.
1532Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.
1533Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom.
1534Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.
1535Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.
161Maar Job het geantwoord en gesê:
162Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.
163Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
164Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
165ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!
166As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou--watter verligting bring dit my?
167Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.
168En U het my gegryp--'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
169Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.
1610Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.
1611God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.
1612Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.
1613Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
1614Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.
1615'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.
1616My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;
1617alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
1618o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.
1619Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.
1620My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God--
1621dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.
1622Want maar min jare kom--dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.
171My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.
172Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.
173Gee tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?
174Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.
175Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel--die oë van sy kinders sal versmag.
176Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.
177Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee.
178Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.
179Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.
1710Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie.
1711My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.
1712Van die nag maak hulle 'n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis.
1713As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,
1714die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,
1715waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?
1716Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.
181Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
182Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.
183Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?
184Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn--sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?
185Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
186Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
187Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.
188Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.
189'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.
1810'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.
1811Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.
1812Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.
1813Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
1814Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.
1815Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.
1816Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.
1817Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.
1818Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
1819Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
1820Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.
1821Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.
191Maar Job het geantwoord en gesê:
192Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?
193Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.
194En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.
195As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,
196weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.
197As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.
198Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.
199My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.
1910Hy werp my aan alle kante omver, en--daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom.
1911Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.
1912As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.
1913My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.
1914My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.
1915My bywoners en my slavinne beskou my as 'n vreemde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë.
1916Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.
1917My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.
1918Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.
1919Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.
1920My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.
1921Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!
1922Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?
1923Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in 'n boek opgeteken word--
1924met 'n ystergriffel en lood--vir altyd in 'n rots ingekap!
1925Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
1926En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
1927Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë--en geen vreemde nie--sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.
1928As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! --
1929vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.
201Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
202Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.
203'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.
204Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:
205dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?
206Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke--
207soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?
208Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.
209Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.
2010Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.
2011Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.
2012Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,
2013al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte--
2014tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.
2015Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.
2016Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.
2017Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.
2018Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.
2019Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.
2020Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.
2021Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.
2022By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.
2023Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.
2024Hy sal vlug vir die ysterwapens--'n koperboog sal hom deurboor.
2025Hy trek--daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!
2026Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.
2027Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.
2028Weggevoer word die opbrings van sy huis--goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.
2029Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.
211Maar Job het geantwoord en gesê:
212Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.
213Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.
214Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?
215Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.
216Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
217Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
218Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
219Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.
2110Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
2111Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
2112Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.
2113In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.
2114Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
2115Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
2116(Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
2117Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,
2118word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?
2119Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
2120Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
2121Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?
2122Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
2123Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
2124Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.
2125Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
2126Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
2127Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.
2128As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose--
2129het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):
2130dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
2131Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel--wie sal hom dit vergeld?
2132Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
2133Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
2134Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde--net troubreuk bly oor!
221Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
222Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens.
223Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?
224Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?
225Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?
226Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.
227Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.
228Maar aan die man van geweld--aan hom behoort die land; en die aansienlike--hy moet daarin woon!
229Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.
2210Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.
2211Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?
2212Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.
2213Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?
2214Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.
2215Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,
2216wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom,
2217wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?
2218En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
2219Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:
2220Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.
2221Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.
2222Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.
2223As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.
2224En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.
2225Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.
2226Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.
2227Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.
2228Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.
2229As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.
2230Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.
231Maar Job het geantwoord en gesê:
232Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.
233Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!
234Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;
235ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.
236Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hy sou ag op my gee.
237Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.
238Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.
239As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.
2310Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
2311Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.
2312Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.
2313Maar Hy bly onveranderlik Een--wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.
2314Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.
2315Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.
2316En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.
2317Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.
241Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie?
242Grenslyne verlê hulle; 'n trop vee roof hulle en laat dit wei.
243Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand.
244Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.
245Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.
246Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.
247Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.
248Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.
249Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.
2410Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.
2411Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.
2412Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie.
2413Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.
2414Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.
2415En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig.
2416In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.
2417Want vir hulle saam is die stikdonker 'n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.
2418Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.
2419Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg--so die doderyk die wat gesondig het.
2420Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout--
2421hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.
2422Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.
2423God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.
2424Hulle het hul verhef--'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n halm word hulle afgesny.
2425En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?
251Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
252Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.
253Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?
254Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?
255Kyk, selfs die maan--hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.
256Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.
261Maar Job het geantwoord en gesê:
262Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
263Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
264Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
265Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
266Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie--
267voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
268wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
269wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
2610Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
2611Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
2612Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
2613Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
2614Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?
271En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
272So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het--
273want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus--
274my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!
275Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.
276Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.
277My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.
278Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny--as God sy siel wegneem?
279Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?
2710Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?
2711Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.
2712Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?
2713Dít is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:
2714as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
2715Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.
2716As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder--
2717hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.
2718Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.
2719Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en--is nie meer nie.
2720Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.
2721Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.
2722En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.
2723Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.
281Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas.
282Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.
283'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.
284Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.
285Die aarde--daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
286Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
287'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
288waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
289Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
2810In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
2811Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.
2812Maar die wysheid--waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
2813Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
2814Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.
2815Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.
2816Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.
2817Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.
2818Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
2819Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.
2820Die wysheid dan--waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?
2821Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.
2822Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.
2823God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.
2824Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
2825Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,
2826toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,
2827toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
2828Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
291En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
292Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;
293toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;
294soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;
295toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;
296toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.
297Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,
298het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.
299Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.
2910Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.
2911Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.
2912Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.
2913Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
2914Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband.
2915Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.
2916'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.
2917En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.
2918So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.
2919My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.
2920My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.
2921Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.
2922Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.
2923En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.
2924Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.
2925Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.
301En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit--mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.
302Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.
303Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;
304hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.
305Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief.
306In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.
307Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar--
308dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word.
309En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.
3010Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.
3011Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.
3012Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.
3013My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het.
3014Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.
3015Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.
3016Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.
3017Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.
3018Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.
3019Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.
3020Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.
3021U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.
3022U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.
3023Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.
3024Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie?
3025Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?
3026Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.
3027My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.
3028Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.
3029Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise.
3030My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.
3031So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.
311Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?
312Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes--
313is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?
314Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?
315As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:
316laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!
317As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het--
318laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.
319As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste--
3110laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.
3111Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.
3112Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.
3113As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het--
3114wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?
3115Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?
3116As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het
3117en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;
3118(veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!)
3119as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;
3120as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;
3121as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het--
3122laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.
3123Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.
3124As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!
3125As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;
3126as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,
3127en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het--
3128ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.
3129As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;
3130(ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur 'n vloek sy lewe te vorder nie!)
3131as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?
3132(die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)
3133as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,
3134omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!
3135Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!
3136Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans.
3137Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom.
3138As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;
3139as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het--
3140laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.
321Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.
322En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
323Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.
324Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.
325Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.
326En Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.
327Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.
328Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
329Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
3210Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.
3211Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.
3212En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.
3213Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.
3214Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.
3215Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.
3216Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?
3217Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.
3218Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.
3219Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.
3220Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.
3221Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.
3222Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!
331Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.
332Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.
333My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.
334Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.
335As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!
336Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.
337Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.
338Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:
339Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
3310Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir 'n vyand van Hom.
3311Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.
3312Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as 'n mens.
3313Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?
3314Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.
3315In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
3316dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
3317om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;
3318sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
3319Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,
3320sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.
3321Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.
3322Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.
3323Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;
3324en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind--
3325dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.
3326Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.
3327Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.
3328Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.
3329Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens
3330om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
3331Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek.
3332As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.
3333So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.
341Verder het Elíhu aangehef en gesê:
342Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!
343Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.
344Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.
345Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.
346Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!
347Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water?
348Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?
349Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie.
3410Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!
3411Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind.
3412Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.
3413Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?
3414As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,
3415dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.
3416As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.
3417Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?
3418Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!
3419Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.
3420In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf--nie deur 'n hand nie.
3421Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.
3422Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.
3423Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.
3424Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.
3425So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.
3426Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,
3427omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie--
3428om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.
3429En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? --of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;
3430sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.
3431Want sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;
3432wat ek nie insien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie--
3433moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet--spreek dit uit!
3434Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor:
3435Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.
3436Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.
3437Want hy voeg 'n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.
351Verder het Elíhu aangehef en gesê:
352Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,
353dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?
354Ék sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.
355Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.
356As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?
357As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?
358U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind.
359Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.
3510Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,
3511wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?
3512Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.
3513Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.
3514Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.
3515Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,
3516maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.
361En Elíhu het voortgegaan en gesê:
362Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.
363Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.
364Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.
365Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie--geweldig deur krag van verstand.
366Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.
367Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.
368Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,
369dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;
3610dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
3611As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
3612Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
3613Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
3614So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
3615Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.
3616So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.
3617Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.
3618Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
3619Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?
3620Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.
3621Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.
3622Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy?
3623Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?
3624Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.
3625Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.
3626Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.
3627Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën
3628wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.
3629Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?
3630Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.
3631Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.
3632Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.
3633Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.
371Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.
372Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.
373Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.
374Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.
375God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.
376Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.
377Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.
378Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.
379Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.
3710Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.
3711Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;
3712en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:
3713óf tot 'n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.
3714Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.
3715Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?
3716Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?
3717U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind--
3718kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?
3719Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.
3720Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?
3721En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.
3722Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.
3723Die Almagtige--ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.
3724Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.
381Daarna het die HERE Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
382Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?
383Gord dan soos 'n man jou heupe--dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.
384Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.
385Wie het sy afmetinge bepaal? --jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?
386Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?
387Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?
388En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?
389Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.
3810Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;
3811en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe.
3812Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,
3813om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?
3814Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed.
3815En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.
3816Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?
3817Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?
3818Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.
3819Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis--waar is tog sy plek,
3820sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?
3821Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!
3822Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,
3823wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?
3824Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?
3825Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal;
3826om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie;
3827om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?
3828Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels?
3829Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel--wie baar dit?
3830Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.
3831Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak?
3832Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?
3833Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?
3834Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek?
3835Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!
3836Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?
3837Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel--wie giet hulle leeg
3838wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?
391Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
392as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?
393Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
394Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
395Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
396Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort--weg is hulle weë!
397Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
398Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
399Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
3910Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
3911Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.
3912Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
3913Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
3914Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
3915Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
3916Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
3917Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;
3918en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.
3919Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs--sy is nie bekommerd nie.
3920Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
3921Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
3922Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
3923Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
3924Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
3925Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
3926Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
3927Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
3928By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
3929Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
3930Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?
3931Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.
3932Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.
3933Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.
3934En die HERE het Job geantwoord en gesê:
3935Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
3936Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:
3937Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
3938Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.
401En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
402Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
403Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
404Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
405Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
406Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
407Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
408Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
409Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
4010Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
4011Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
4012Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
4013Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
4014Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
4015Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
4016Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
4017Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
4018As die rivier swel--hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
4019Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
4020Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
4021Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
4022Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
4023Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
4024Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?
4025Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?
4026Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop?
4027Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.
4028Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?
411Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?
412Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.
413Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.
414Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit--wie kan daarin deurdring?
415Die deure van sy gesig--wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking.
416'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël.
417Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie.
418Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.
419Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad.
4110Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit.
4111Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby.
4112Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond.
4113In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.
4114Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.
4115Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.
4116As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.
4117Raak iemand hom met die swaard--dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.
4118Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.
4119Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.
4120Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.
4121Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder.
4122Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot.
4123Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervloed aansien vir grys hare.
4124Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees.
4125Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.
421Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:
422Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
423Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.
424Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!
425Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
426Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
427En nadat die HERE Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die HERE aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
428Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
429Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die HERE aan hulle gesê het; en die HERE het Job in guns aangeneem.
4210En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
4211Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat die HERE oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen 'n geldstuk gegee en elkeen 'n goue ring.
4212En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertien duisend stuks kleinvee en ses duisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.
4213Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad.
4214En hy het die eerste genoem Jemíma en die tweede Kesía en die derde Kerenhappug.
4215En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; en hulle vader het hulle 'n erfdeel gegee onder hulle broers.
4216En Job het daarna honderd en veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.
4217En Job het gesterwe, oud en afgeleef.