Share this page:  
 

Multilingual Scriptures

(Compare books in 2 different language versions of your choice)

Comparison Search:

Select Language version and font:
You can only select max. of two versions.
Book:
Chapter:
Verse:
---------
From: To:

Free Search:

Select Language version and font:
Enter search text:

Multilingual Scriptures Home » Afrikaans 1953 Bible » 1 Chronicles

Afrikaans 1953 Bible
Chapter # Verse # Verse Detail
11Adam, Set, Enos,
12Kenan, Mahalálel, Jered,
13Henog, Metúsalag, Lameg,
14Noag, Sem, Gam en Jafet.
15Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.
16En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Togárma.
17En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete.
18Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän.
19En die seuns van Kus was: Seba en Hawíla en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan.
110En Kus was die vader van Nimrod; hy het begin om 'n geweldenaar op die aarde te wees.
111En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete,
112en die Patrusiete en Kasluhiete--waaruit die Filistyne voortgekom het--en die Kaftoriete.
113En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het
114en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete,
115en die Hewiete en Arkiete en Siniete,
116en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete.
117Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg.
118En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
119En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan.
120En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag,
121en Hadóram en Usal en Dikla,
122en Ebal en Abímael en Skeba,
123en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
124Sem, Arpágsad, Selag,
125Heber, Peleg, Rehu,
126Serug, Nahor, Tera,
127Abram; dit is Abraham.
128Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.
129Dit is hulle geslagsregister: die eersgeborene van Ismael was Nébajot, en Kedar en Adbeël en Mibsam,
130Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema,
131Jetur, Nafis en Kedma; hulle was die seuns van Ismael.
132En die seuns van Ketúra, die byvrou van Abraham. Sy het gebaar: Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag. En die seuns van Joksan was Skeba en Dedan.
133En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.
134En Abraham was die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel;
135die seuns van Esau: Élifas, Réhuel en Jehus en Jáelam en Korag.
136Die seuns van Élifas was: Teman en Omar, Sefi en Gáetam, Kenas en Timna en Amalek.
137Die seuns van Réhuel was: Náhat, Serag, Samma en Missa.
138En die seuns van Seïr was: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana en Dison en Eser en Disan.
139En die seuns van Lotan was Hori en Homam; en die suster van Lotan was Timna.
140Die seuns van Sobal was: Aljan en Manáhat en Ebal, Sefi en Onam; en die seuns van Síbeon was Aja en Ana.
141Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran.
142Die seuns van Eser was: Bilhan en Sáäwan en Jáäkan. Die seuns van Disan was Us en Aran.
143En dit is die konings wat in die land Edom geregeer het voordat daar 'n koning oor die kinders van Israel geregeer het: Bela, die seun van Beor; en die naam van sy stad was Dinhába;
144en Bela het gesterwe, en in sy plek het geregeer Jobab, die seun van Serag, uit Bosra.
145En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die land van die Temaniete, het in sy plek geregeer.
146En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.
147En Hadad het gesterwe, en Samla uit Másreka het in sy plek geregeer.
148En Samla het gesterwe, en Saul uit Réhobot, aan die rivier, het in sy plek geregeer.
149En Saul het gesterwe, en Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het in sy plek geregeer.
150Nadat Baäl-Hánan gesterf het, het Hadad in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahi; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.
151Toe Hadad gesterf het, was die vorste van Edom: die vors Timna, die vors Alja, die vors Jetet,
152die vors Oholibáma, die vors Ela, die vors Pinon,
153die vors Kenas, die vors Teman, die vors Mibsar,
154die vors Mágdiël, die vors Iram; dit was die vorste van Edom.
21Dit is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Issaskar en Sébulon,
22Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser.
23Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.
24En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.
25Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
26En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.
27En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.
28En die seuns van Etan was Asárja.
29En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.
210En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda.
211En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas;
212en Boas van Obed, en Obed van Isai;
213en Isai was die vader van Elíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde;
214van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,
215van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende.
216En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Asahel, drie.
217En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.
218En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.
219Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.
220En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël.
221Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.
222En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie en twintig stede in die land Gílead gehad.
223En Gésur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.
224En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.
225En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía.
226Jerágmeël het nog 'n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam.
227En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker.
228En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.
229En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar.
230En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders.
231En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai.
232En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.
233En die seuns van Jónatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jerágmeël.
234En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha;
235en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Attai gebaar.
236En Attai was die vader van Natan, en Natan van Sabad;
237en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed;
238en Obed van Jehu, en Jehu van Asárja;
239en Asárja van Heles, en Heles van Eleása;
240en Eleása van Sísemai, en Sísemai van Sallum;
241en Sallum van Jekámja, en Jekámja van Elisáma.
242En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene--hy was die vader van Sif--en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.
243En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema.
244En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai.
245En die seun van Sámmai was Máon; en Máon was die vader van Bet-Sur.
246En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases.
247En die seuns van Jóhdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saäf.
248Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar;
249en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa.
250Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim,
251Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader.
252En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároë en die helfte van Menúgot.
253En die geslagte van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Soreatiete en Estaoliete voortgekom.
254Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Soreïete.
255En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.
31Dit was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahínoam, uit Jísreël; die tweede Daniël, by Abígail, uit Karmel;
32die derde Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Tálmai, die koning van Gésur; die vierde Adónia, die seun van Haggit;
33die vyfde Sefátja, by Abítal; die sesde Jítream, by sy vrou Egla.
34Ses is vir hom in Hebron gebore waar hy sewe jaar en ses maande geregeer het; en drie en dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.
35En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Sálomo, vier by Bat-Sua, die dogter van Ammiël.
36Verder Jibhar en Elisáma en Elifélet
37en Noga en Nefeg, en Jáfia
38en Elisáma en Éljada en Elifélet, nege--
39almal seuns van Dawid, behalwe die seuns van die byvroue; en Tamar was hulle suster.
310En die seun van Salomo was Rehábeam; sy seun was Abía; sy seun was Asa; sy seun was Jósafat;
311sy seun was Joram; sy seun was Ahásia; sy seun was Joas;
312sy seun was Amásia; sy seun was Asárja; sy seun was Jotam;
313sy seun was Agas; sy seun was Hiskía; sy seun was Manasse;
314sy seun was Amon; sy seun was Josía.
315En die seuns van Josía was: die eersgeborene Jóhanan, die tweede Jójakim, die derde Sedekía, die vierde Sallum.
316En die seuns van Jójakim was: Jegónja, sy seun, Sedekía, sy seun.
317En die seuns van Jegónja was Assir; sy seun was Seáltiël;
318verder Malkíram en Pedája en Senassar, Jekámja, Hósama en Nedábja.
319En die seuns van Pedája was Serubbábel en Símeï; en die seuns van Serubbábel was: Mesúllam en Hanánja; en Sélomit was hulle suster;
320en Hásuba en Ohel en Berégja en Hasádja, Jusab-Hesed, vyf.
321En die seuns van Hanánja was Pelátja, sy seun was Jesaja, sy seun was Refája, sy seun was Arnan, sy seun was Obádja, sy seun was Segánja.
322En die seuns van Segánja was Semája; en die seuns van Semája was: Hattus en Jígeal en Baríag en Neárja en Safat, ses;
323en die seuns van Neárja was: Eljoënai en Hiskía en Asríkam, drie;
324en die seuns van Eljoënai was: Hodáwja en Eljásib en Pelája en Akkub en Jóhanan en Delája en Anáni, sewe.
41Die seuns van Juda was: Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal.
42En Reája, die seun van Sobal, was die vader van Jahat, en Jahat van Ahúmai en van Lahad; dit is die geslagte van die Soreatiete;
43en dit is die seuns van Etam: Jísreël en Jísma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Hasselelpóni.
44En Pnuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, die vader van Betlehem.
45En Asgur, die vader van Tekóa, het twee vroue gehad: Hélea en Náära;
46en Náära het vir hom Ahússam en Hefer en die Temeniete en die Ahastariete gebaar. Dit was die seuns van Náära.
47En die seuns van Hélea was: Seret, Jesóhar en Etnan.
48En Kos was die vader van Anub en Hassobéba en van die geslagte van Ahárhel, die seun van Harum.
49En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
410En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.
411En Kelub, die broer van Suha, was die vader van Mehir; hy is die vader van Eston.
412En Eston was die vader van Bet-Ráfa en Paséag en Tehínna, die vader van die stad Nahas; dit is die manne van Rega.
413En die seuns van Kenas was Otniël en Serája; en die seuns van Otniël: Hatat en Meonótai.
414En Meonótai was die vader van Ofra, en Serája van Joab, die vader van die Handwerkersdal, want hulle was ambagsmanne.
415En die seuns van Kaleb, die seun van Jefúnne, was: Iru, Ela en Naäm, en die seuns van Ela: Kenas.
416En die seuns van Jehálleleël was: Sif en Sifa, Tíreja en Asáreël.
417En die seuns van Esra was: Jeter en Mered en Efer en Jalon; en dit is die seuns van Bitja, die dogter van Farao, wat Mered as vrou geneem het; en sy het swanger geword en gebaar: Mirjam en Sámmai en Jisbag, die vader van Estemóa.
418En sy Joodse vrou het gebaar: Jered, die vader van Gedor, en Heber, die vader van Sogo, en Jekútiël, die vader van Sanóag.
419En die seuns van die vrou van Hodíja, die suster van Naham, die vader van Kehíla, was die Garmiet, en Estemóa, die Maägatiet.
420En die seuns van Simon was: Amnon en Rinna, Ben-Hánan en Tilon; en die seuns van Jíseï was Sohet en Ben-Sohet.
421Die seuns van Sela, die seun van Juda was: Er, die vader van Lega, en Láeda, die vader van Marésa, en die geslagte van die huis van die linnewewers van die huis van Asbéa;
422verder Jokim en die manne van Koséba en Joas en Saraf--hulle wat oor Moab geheers het--en Jasubi-Léhem; maar die geskiedenisse is oud.
423Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netáim en Gedéra; daar het hulle gebly by die koning in sy diens.
424Die seuns van Símeon was: Némuel en Jamin, Jarib, Serag, Saul;
425Sallum was sy seun; Mibsam was sy seun; Misma was sy seun.
426En die seuns van Misma was: Hámmuel, sy seun, Sakkur, sy seun, Símeï, sy seun.
427En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie seuns gehad nie; en hulle hele geslag het nie so vermeerder soos die seuns van Juda nie.
428En hulle het gewoon in Berséba en Mólada en Hasar-Súal
429en in Bilha en Esem en Tolad
430en in Bétuel en Horma en Siklag
431en in Bet-Márkabot en Hasar-Susim, en Bet-Bíreï en Saäráim; dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.
432En hulle dorpe was: Etam en Ajin, Rimmon en ToGéN en Asan, vyf stede;
433en al hulle dorpe wat in die omtrek van hierdie stede was, tot by Baäl; dit was hulle woonplekke, en hulle het hul geslagsregister gehad.
434En Mésobab en Jamleg en Josa, die seun van Amásia,
435en Joël en Jehu, die seun van Josíbja, die seun van Serája, die seun van Asiël,
436en Eljoënai en Jaäkóba en Jesohája en Asája en Adiël en Jesímiël en Benája
437en Sisa, die seun van Sífeï, die seun van Allon, die seun van Jedája, die seun van Simri, die seun van Semája--
438die wat hier met hulle naam opgegee is, was vorste in hulle geslagte, en hulle families het sterk vermeerder.
439En hulle het getrek tot by die ingang na Gedor, tot oostelik van die dal, om weiveld vir hulle kleinvee te soek.
440En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;
441en die wat hier met hulle naam beskrywe is, het in die dae van Hiskía, die koning van Juda, gekom en hulle tente verslaan, en ook die Meüniete wat daar gevind is; en hulle het hul met die banvloek getref tot vandag toe; en hulle het in hulle plek gaan woon; want daar was weiveld vir hulle kleinvee.
442Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyf honderd man getrek na die gebergte Seïr; en Pelátja en Neárja en Refája en Ussiël, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof.
443En hulle het die oorblyfsel van die vrygeraaktes van Amalek verslaan en daar gaan woon tot vandag toe.
51En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel--want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie;
52want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een 'n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad--
53die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel, was: Henog en Pallu, Hesron en Karmi.
54Die seuns van Joël: sy seun Semája, sy seun Gog, sy seun Símeï;
55sy seun Miga, sy seun Reája, sy seun Baäl,
56sy seun Beëra, vir wie Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het; hy was 'n vors van die Rubeniete.
57En sy broers volgens elkeen se geslag soos in die geslagsregister opgegee, volgens hulle afstamming, was: Jeï-el, die hoof; verder Sagaría
58en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël; hy wat in Aroër en tot by Nebo en Baäl-Méon gewoon het.
59En teen die ooste het hy gewoon tot by die ingang na die woestyn, van die Eufraatrivier af; want hulle vee het baie geword in die land Gílead.
510En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer met die Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead.
511En die seuns van Gad het teenoor hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.
512Joël was die hoof, en Safam die tweede in rang, en Jaénai en Safat, in Basan.
513En hulle broers volgens hulle families was: Mígael en Mesúllam en Seba en Jórai en Jáekan en Sia en Eber, sewe.
514Dit was die seuns van Abígail, die seun van Huri, die seun van Jaróag, die seun van Gílead, die seun van Mígael, die seun van Jesísai, die seun van Jagdo, die seun van Bus.
515Ahi, die seun van Abdiël, die seun van Guni, was die hoof van hulle families.
516En hulle het gewoon in Gílead, in Basan en in sy onderhorige plekke en in al die weivelde van Saron tot waar dit ophou.
517Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Jotam, die koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die koning van Israel.
518Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die helde, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier en veertig duisend sewe honderd en sestig wat op kommando moes uittrek.
519En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab;
520en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.
521En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftig duisend; twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend esels en honderd duisend mense.
522Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van God was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe.
523En die seuns van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie.
524En dit was die hoofde van hulle families, naamlik: Efer en Jíseï en Éliël en Asriël en Jeremía en Hodáwja en Jagdíël, manne, dapper helde, manne van naam, hoofde van hulle families.
525Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer.
526Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe.
61Die seuns van Levi was: Gerson, Kehat en Merári.
62En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en Ussiël.
63En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.
64En Eleásar was die vader van Pínehas; Pínehas van Abisúa;
65en Abisúa van Bukki; en Bukki van Ussi;
66en Ussi van Serágja; en Serágja van Mérajot;
67en Mérajot van Amárja; en Amárja van Ahítub;
68en Ahítub van Sadok; en Sadok van Ahímaäs;
69en Ahímaäs van Asárja; en Asárja van Jóhanan;
610en Jóhanan van Asárja; dit is hy wat die priesteramp bedien het in die huis wat Salomo in Jerusalem gebou het.
611En Asárja was die vader van Amárja; en Amárja van Ahítub;
612en Ahítub van Sadok; en Sadok van Sallum;
613en Sallum van Hilkía; en Hilkía van Asárja;
614en Asárja van Serája; en Serája van Jósadak;
615en Jósadak het saamgegaan toe die HERE Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadnésar in ballingskap weggevoer het.
616Die seuns van Levi was: Gersom, Kehat en Merári.
617En dit is die name van die seuns van Gersom: Libni en Símeï.
618En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël.
619Die seuns van Merári was Magli en Musi. En dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families:
620van Gersom--sy seun was Libni, sy seun Jahat, sy seun Simma,
621sy seun Joag, sy seun Iddo, sy seun Serag, sy seun Jéatrai.
622Die seuns van Kehat was: sy seun Amminádab, sy seun Korag, sy seun Assir,
623sy seun Élkana, en sy seun Ébjasaf, en sy seun Assir,
624sy seun Tahat, sy seun Uriël, sy seun Ussia, en sy seun Saul.
625En die seuns van Élkana was: Amásai en Ahimot en Élkana;
626die seuns van Élkana: sy seun Sófai, en sy seun Nahat,
627sy seun Elíab, sy seun Jeróham, sy seun Élkana.
628En die seuns van Samuel: die eersgeborene Joël, en die tweede Abía.
629Die seuns van Merári was: Magli; sy seun Libni, sy seun Símeï, sy seun Ussa;
630sy seun Símea, sy seun Haggía, sy seun Asája.
631En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die huis van die HERE vandat die ark 'n rusplek gevind het.
632En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van die HERE in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening.
633En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel,
634die seun van Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Éliël, die seun van Toag,
635die seun van Suf, die seun van Élkana, die seun van Mahat, die seun van Amásai,
636die seun van Élkana, die seun van Joël, die seun van Asárja, die seun van Sefánja,
637die seun van Tahat, die seun van Assir, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag,
638die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van Israel.
639En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van Berégja, die seun van Símea,
640die seun van Mígael, die seun van Baäséja, die seun van Malkía,
641die seun van Etni, die seun van Serag, die seun van Adája,
642die seun van Etan, die seun van Simma, die seun van Símeï,
643die seun van Jahat, die seun van Gersom, die seun van Levi.
644En hulle broers, die seuns van Merári, aan die linkerhand, was: Etan, die seun van Kisi, die seun van Abdi, die seun van Mallug,
645die seun van Hasábja, die seun van Amásia, die seun van Hilkía,
646die seun van Amsi, die seun van Bani, die seun van Semer,
647die seun van Magli, die seun van Musi, die seun van Merári, die seun van Levi.
648En hulle broers, die Leviete, was bestemd vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God.
649Maar Aäron en sy seuns het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste en om versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het.
650En dit is die seuns van Aäron: Eleásar was sy seun, Pínehas sy seun, Abisúa sy seun;
651Bukki sy seun, Ussi sy seun, Serágja sy seun,
652Mérajot sy seun, Amárja sy seun, Ahítub sy seun,
653Sadok sy seun, Ahímaäs sy seun.
654En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied--aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot.
655Aan hulle dan is gegee: Hebron, in die land Juda, met sy weiveld daar rondom;
656maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee.
657En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan,
658en Hiles met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,
659en Asan met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld;
660en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Anatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede.
661En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot.
662En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede.
663Aan die seuns van Merári volgens hulle geslagte uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede.
664En die kinders van Israel het aan die Leviete die stede met hulle weiveld gegee:
665hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Juda en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het.
666En aan die ander uit die geslagte van die seuns van Kehat--die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim.
667En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee;
668en Jókmeam met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld,
669en Ajalon met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld;
670en uit die halwe stam van Manasse: Aner met sy weiveld, en Bíleam met sy weiveld--vir die geslag van die ander seuns van Kehat.
671Aan die seuns van Gersom uit die geslag van die halwe stam van Manasse: Gólan in Basan met sy weiveld, en Astarot met sy weiveld;
672en uit die stam van Issaskar: Kedes met sy weiveld, Dáberat met sy weiveld,
673en Ramot met sy weiveld, en Anem met sy weiveld;
674en uit die stam van Aser: Masal met sy weiveld, en Abdon met sy weiveld,
675en Hukok met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld;
676en uit die stam van Náftali: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammon met sy weiveld, en Kirjatáim met sy weiveld.
677Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met sy weiveld, Tabor met sy weiveld;
678en oorkant die Jordaan van Jérigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stam van Ruben: Beser in die woestyn met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,
679en Kédemot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld;
680en uit die stam van Gad: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,
681en Hesbon met sy weiveld, en Jaéser met sy weiveld.
71En die seuns van Issaskar was: Tola en Pua, Jasub en Simron, vier.
72En die seuns van Tola was: Ussi en Refája en Jériël en Jágmai en Jibsam en Samuel, hoofde van hulle families, van Tola, dapper helde. Volgens hulle afstamming was hulle aantal in die dae van Dawid twee en twintig duisend ses honderd.
73En die seuns van Ussi was Jisrágja; en die seuns van Jisrágja was: Mígael en Obádja en Joël, Jissía, vyf, almal hoofde.
74En by hulle, volgens hulle afstamming, volgens hulle families, was die afdelings krygsmanne: ses en dertig duisend; want hulle het baie vroue en kinders gehad.
75En hulle broers, van al die geslagte van Issaskar, dapper helde: sewe en tagtig duisend tel hulle geslagsregister in sy geheel.
76Benjamin: Bela en Beger en Jedíael, drie.
77En die seuns van Bela was: Esbon en Ussi en Ussiël en Jérimot en Iri, vyf hoofde van families, dapper helde; en hulle geslagsregister het getel: twee en twintig duisend vier en dertig.
78En die seuns van Beger was: Semíra en Joas en Eliëser en Eljoënai en Omri en Jéremot en Abía en Anatot en Alémet; hulle almal was seuns van Beger.
79En hulle geslagsregister het getel volgens hulle afstamming, hoofde van hulle families, dapper helde: twintig duisend twee honderd.
710En die seuns van Jedíael was Bilhan; en die seuns van Bilhan was: Jehus en Benjamin en Ehud en Kenáäna en Setan en Tarsis en Ahisáhar.
711Hulle almal, seuns van Jedíael, volgens die hoofde van die families, dapper helde, was sewentien duisend twee honderd wat in die oorlog op kommando moes uittrek.
712Ook Suppim en Huppim was seuns van Ir; Husim, seuns van Aher.
713Die seuns van Náftali was: Jágsiël en Guni en Jeser en Sallum, seuns van Bilha.
714Die seuns van Manasse was Asriël wat sy vrou gebaar het; sy Aramese byvrou het Magir gebaar, die vader van Gílead;
715en Magir het van Huppim en Suppim 'n vrou geneem; die naam van sy suster was Máäga. En die naam van die tweede was Selófhad; en Selófhad het dogters gehad.
716En Máäga, die vrou van Magir, het 'n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.
717En die seuns van Ulam was Bedan; dit is die seuns van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse.
718En sy suster Moléket het Ishod en Abiëser en Magla gebaar.
719En die seuns van Semída was: Agjan en Segem en Likhi en Aníam.
720En die seuns van Efraim was Sútelag; en sy seun was Bered, en sy seun Tahat, en sy seun Eleáda, en sy seun Tahat,
721en sy seun Sabad, en sy seun Sútelag en Eser en Élead; en die manne van Gat wat in die land gebore was, het hulle gedood, omdat húlle afgetrek het om hulle vee te neem.
722Daarom het hulle vader Efraim baie dae lank gerou, en sy broers het gekom om hom te troos.
723Daarna het hy by sy vrou ingegaan, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en hy het hom Bería genoem, omdat dit tydens 'n onheil in sy huis gebeur het.
724En sy dogter was Séëra; en sy het Bet-Horon-Onder en--Bo gebou, en Ussen-Séëra.
725En sy seun was Refag, en Resef, en sy seun Telag, en sy seun Tahan;
726sy seun Láedan; sy seun Ammihud; sy seun Elisáma;
727sy seun was Nun, sy seun Josua.
728En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.
729En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-Séan met sy onderhorige plekke, Táänag met sy onderhorige plekke, Megíddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon.
730Die seuns van Aser was: Jimma en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster.
731En die seuns van Bería was Heber en Málkiël; hy was die vader van Birsájit.
732En Heber was die vader van Jaflet, en van Somer en Hotam en Sua, hulle suster.
733En die seuns van Jaflet was: Pasag en Bimhal en Aswat; dit was die seuns van Jaflet.
734En die seuns van Semer was: Ahi en Róhega, Jehúbba en Aram.
735En die seuns van sy broer Helem was: Sofag en Jimna en Seles en Amal.
736Die seuns van Sofag was: Suag en Harnéfer en Sual en Beri en Jimra,
737Beser en Hod en Samma en Silsa en Jitran en Beëra.
738En die seuns van Jeter was: Jefúnne en Pispa en Ara.
739En die seuns van Ulla was: Arag en Hánniël en Risja.
740Hulle almal was seuns van Aser, hoofde van families, uitgesoekte dapper helde, hoofde van die vorste; en hulle geslagsregister het betrekking gehad op diens in die oorlog; hulle aantal was ses en twintig duisend man.
81En Benjamin was die vader van Bela, sy eersgeborene; die tweede, Asbel; en die derde, Agrag,
82die vierde, Noha; en die vyfde, Rafa.
83En Bela het seuns gehad: Addar en Gera en Abíhud
84en Abisúa en Naäman en Ahóag
85en Gera en Sefúfan en Huram.
86En dit was die seuns van Ehud (hulle was hoofde van families van die inwoners van Geba, en hulle is in ballingskap na Manáhat weggevoer--
87Naäman en Ahía en Gera het hulle in ballingskap weggevoer); en hy was die vader van Ussa en van Ahíhud.
88En Saharáim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Báära verstoot het, die vader van kinders geword:
89by sy vrou Hodes was hy die vader van Jobab en Sibja en Mesa en Malkam,
810en Jehus en Sagía en Mirma; dit was sy seuns, hoofde van families.
811En by Husim was hy die vader van Abítub en Elpáäl.
812En die seuns van Elpáäl was: Eber en Míseam en Semed; hy het Ono en Lod met sy onderhorige plekke gebou;
813en Bería en Sema; hulle was hoofde van families van die inwoners van Ajalon; hulle het die inwoners van Gat verjaag;
814en Agjo, Sasak en Jerémot
815en Sebádja en Arad en Eder
816en Mígael en Jispa en Joha, die seuns van Bería;
817en Sebádja en Mesúllam en Hiski en Heber
818en Jísmerai en Jislía en Jobab, die seuns van Elpáäl;
819en Jakim en Sigri en Sabdi
820en Eliënai en Sílletai en Éliël
821en Adája en Berája en Simrat, die seuns van Símeï;
822en Jispan en Eber en Éliël
823en Abdon en Sigri en Hanan
824en Hanánja en Elam en Antotía
825en Jifdéja en Pnúel, die seuns van Sasak;
826en Sámserai en Sehárja en Atálja
827en Jaärésja en Elía en Sigri, die seuns van Jeróham.
828Hulle was hoofde van families, volgens hulle afstamming, hoofde; hulle het in Jerusalem gewoon.
829En in Gíbeon het die vader van Gíbeon gewoon, en die naam van sy vrou was Máäga.
830En sy eersgebore seun was Abdon, verder Sur en Kis en Baäl en Nadab
831en Gedor en Agjo en Seger.
832En Miklot was die vader van Símea; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.
833En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Esbáäl.
834En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.
835En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Taäréa en Agas.
836En Agas was die vader van Jehóadda, en Jehóadda van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa.
837En Mosa was die vader van Bínea; sy seun was Rafa; sy seun was Eleása; sy seun was Asel.
838En Asel het ses seuns gehad; en dít was hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; hulle almal was seuns van Asel.
839En die seuns van Esek, sy broer, was: Ulam, sy eersgeborene, Jehus, die tweede, en Elifélet, die derde.
840En die seuns van Ulam was manne, dapper helde wat die boog gespan het, en hulle het baie kinders en kindskinders gehad, honderd en vyftig. Hulle was almal uit die seuns van Benjamin.
91En die hele Israel is in geslagsregisters opgeneem, en kyk, hulle is opgeskrywe in die boek van die konings van Israel. En die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer vanweë hulle ontrou.
92En die wat vroeër in hulle besitting, in hulle stede gaan woon het, was: Israeliete, die priesters, die Leviete en die tempelbediendes.
93En in Jerusalem het gewoon van die seuns van Juda en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse:
94Utai, die seun van Ammíhud, die seun van Omri, die seun van Imri, die seun van Bani, van die seuns van Peres, die seun van Juda;
95en van die Siloniete: Asája, die eersgeborene, en sy seuns;
96en van die seuns van Serag: Jehúel en hulle broers, ses honderd en negentig;
97en van die seuns van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Hodáwja, die seun van Hassenúa,
98en Jíbneja, die seun van Jeróham, en Ela, die seun van Ussi, die seun van Migri, en Mesúllam, die seun van Sefátja, die seun van Rehúel, die seun van Jíbneja;
99en hulle broers volgens hulle afstamming, nege honderd ses en vyftig; al hierdie manne was familiehoofde van hulle families;
910en van die priesters: Jedája en Jójarib en Jagin,
911en Asárja, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors oor die huis van God;
912en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pasgur, die seun van Malkía, en Máesai, die seun van Adiël, die seun van Jagséra, die seun van Mesúllam, die seun van Mesíllemit, die seun van Immer;
913en hulle broers, hoofde van hulle families, sewentien honderd en sestig, dapper manne in die dienswerk van die huis van God;
914en van die Leviete: Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, van die seuns van Merári;
915en Bákbakkar, Heres en Galal en Máttanja, die seun van Miga, die seun van Sigri, die seun van Asaf;
916en Obádja, die seun van Semája, die seun van Galal, die seun van Jedútun; en Berégja, die seun van Asa, die seun van Élkana wat in die dorpe van die Netofatiete gewoon het.
917En die poortwagters was: Sallum en Akkub en Talmon en Ahíman en hulle broers; Sallum was die hoof,
918en tot nou toe is hy in die koningspoort teen die ooste; hulle was die poortwagters van die laers van die seuns van Levi.
919En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die HERE die ingang bewaak het.
920En Pínehas, die seun van Eleásar, was vroeër bevelhebber oor hulle. Mag die HERE met hom wees!
921Sagaría, die seun van Meselémja, was poortwagter by die ingang van die tent van samekoms.
922Hulle almal wat as drumpelwagters uitgesoek was, was twee honderd en twaalf; hulle is in hul dorpe in die geslagsregister opgeneem. Dawid en die siener Samuel het hulle in hul ampsplig bevestig.
923En hulle met hul seuns was aangestel oor die poorte van die huis van die HERE, van die tenthuis, om wag te hou.
924Die poortwagters moes aan die vier windstreke wees, na die ooste, weste, noorde en suide toe.
925En hulle broers, in hulle dorpe, moes van tyd tot tyd vir sewe dae saam met hulle inkom.
926Want in die ampsplig het hulle, die vier owerstes van die deurwagters, gestaan. Van die Leviete was oor die kamers en oor die skatte van die huis van God.
927En hulle moes in die nag rondom die huis van God bly, want hulle het die wag gehad en moes elke môre oopsluit.
928En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskap van die diens; want hulle moes dit voltallig inbring en voltallig uitbring.
929En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskappe en oor al die heilige voorwerpe en oor die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye.
930En van die seuns van die priesters was daar mengers van salf uit speserye.
931En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad.
932En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om dit elke sabbat klaar te maak.
933En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.
934Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.
935En in Gíbeon het die vader van Gíbeon, Jeï-el, gewoon; en die naam van sy vrou was Máäga.
936En Abdon was sy eersgebore seun, dan Sur en Kis en Baäl en Ner en Nadab
937en Gedor en Agjo en Sagaría en Miklot.
938En Miklot was die vader van Símeam; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.
939En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Ésbaäl.
940En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.
941En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Tagréa.
942En Agas was die vader van Jaëra, en Jaëra van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa;
943en Mosa was die vader van Bínea; en sy seun was Refája, sy seun Eleása, sy seun Asel.
944En Asel het ses seuns gehad, en dít is hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; dit was die seuns van Asel.
101En die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.
102En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.
103En toe die geveg swaar word teen Saul en die boogskutters hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.
104En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee; anders kom hierdie onbesnedenes en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.
105Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, val hy self ook in die swaard, sodat hy gesterf het.
106So het Saul en sy drie seuns dan gesterwe; en sy hele huis, almal saam, het gesterwe.
107Toe al die manne van Israel wat in die vlakte was, sien dat hulle gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle hul stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.
108En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, vind hulle Saul en sy seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa.
109En hulle het hom uitgetrek en sy hoof en sy wapens saamgeneem en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap vir hulle afgode en vir die volk te bring.
1010Daarna het hulle sy wapens in die huis van hulle god neergelê en sy hoofskedel in die huis van Dagon vasgeslaan.
1011Toe die hele Jabes in Gílead hoor alles wat die Filistyne aan Saul gedoen het,
1012het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas.
1013En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,
1014maar die HERE nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isai.
111Toe kom die hele Israel by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees.
112Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit-- en ingelei; en die HERE u God het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor my volk Israel.
113So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle 'n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die HERE deur die diens van Samuel.
114En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die land.
115En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.
116En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal 'n hoof en 'n owerste word. Toe het Joab, die seun van Serúja, die eerste opgeklim en 'n hoof geword.
117En Dawid het in die bergvesting gaan woon; daarom noem hulle dit die stad van Dawid.
118En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.
119En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die HERE van die leërskare was met hom.
1110En dít was die hoofde van die helde van Dawid wat hom kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele Israel om hom volgens die woord van die HERE koning te maak oor Israel.
1111En dít is die getal van die helde van Dawid: Jasóbeam, die seun van Hagmóni, die hoof van die dertig; hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat op een keer gesneuwel het.
1112En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet; hy was onder die drie helde.
1113Hy was saam met Dawid by Pas-Dámmim toe die Filistyne daar bymekaar was om te veg; en daar was 'n stuk land vol gars, en die volk het vir die Filistyne gevlug.
1114Maar hy het hom in die middel van die stuk land opgestel en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.
1115En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het.
1116En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.
1117En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?
1118Toe het die drie deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit voor die HERE uitgegiet
1119en gesê: Mag my God my bewaar, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed van hierdie manne drink? Met lewensgevaar, ja, met lewensgevaar het hulle dit gebring! En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
1120En Abísai, die broer van Joab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en 'n naam gehad onder die drie.
1121Uit die drie was hy onder die ander twee geëerd, sodat hy hulle owerste geword het; maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.
1122Benája, die seun van Jójada, 'n dapper man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.
1123Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies soos 'n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
1124Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.
1125Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.
1126En die dapper helde was: Asahel, die broer van Joab, Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;
1127Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet;
1128Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser, die Anatotiet;
1129Síbbegai, die Husatiet; Ilai, die Ahohiet;
1130Máharai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet;
1131Itai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; Benája, die Pireatoniet;
1132Húrai, uit Nahale-Gaäs, Abíël, die Arabatiet;
1133Asmáwet, die Baharumiet; Éljagba, die Saälboniet.
1134Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: Jónatan, die seun van Sage, die Harariet;
1135Ahíam, die seun van Sagar, die Harariet; Elífal, die seun van Ur;
1136Hefer, die Megeratiet; Ahía, die Peloniet;
1137Hesro, die Karmeliet; Náärai, die seun van Ésbai;
1138Joël, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri;
1139Selek, die Ammoniet; Nágrai, die Berotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;
1140Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet;
1141Uría, die Hetiet; Sabad, die seun van Aglai;
1142Adína, die seun van Sisa, die Rubeniet, 'n hoof van die Rubeniete, en saam met hom was dertig;
1143Hanan, die seun van Máäga; en Jósafat, die Mitniet;
1144Ussía, die Asteratiet; Sama en Jeï-el, die seuns van Hotam, die Aroëriet;
1145Jedíael, die seun van Simri; en Joha, sy broer, die Tisiet;
1146Éliël van Maháwim en Jeríbai en Josáwja, die seuns van Elnáäm; en Jitma, die Moabiet:
1147Éliël en Obed en Jaäsiël van Mesobája.
121En dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog,
122gewapend met die boog, wat regter-- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin:
123Ahiëser, die hoof, en Joas, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en Jésiël en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en Jehu, uit Anatot;
124en Jismája, die Gibeoniet, 'n held onder die dertig en hoof oor die dertig; en Jeremía en Jahásiël en Jóhanan en Jósabad, uit Gedéra;
125Elehúsai en Jerímot en Beálja en Semárja en Sefátja, uit Harif;
126Élkana en Jissía en Asáreël en Joëser en Jasóbeam, die Koragiete;
127en Joëla en Sebádja, die seuns van Jeróham, uit Gedor.
128Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:
129Eser, die hoof, Obádja, die tweede, Elíab, die derde;
1210Masmánna, die vierde, Jeremía, die vyfde;
1211Attai, die sesde, Éliël, die sewende;
1212Jóhanan, die agtste, Élsabad, die negende;
1213Jeremía, die tiende, Magbánnai, die elfde.
1214Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, een teen duisend.
1215Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste.
1216En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom,
1217het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie--mag die God van ons vaders dit dan sien en straf!
1218Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Isai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende.
1219Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy heer Saul toe oorloop.
1220Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse.
1221En hulle het Dawid gehelp teen die bende, want hulle was almal dapper helde en owerstes in die leër.
1222Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos 'n leër van God.
1223En dít is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die HERE.
1224Die seuns van Juda wat skild en spies gedra het, was ses duisend agt honderd, gewapend vir oorlog;
1225van die seuns van Símeon, dapper helde vir krygsdiens, sewe duisend een honderd;
1226van die seuns van Levi, vier duisend ses honderd;
1227en Jehójada, die bevelhebber van die Aäroniete, en saam met hom drie duisend sewe honderd;
1228en Sadok, 'n jongman, 'n dapper held, met sy familie: twee en twintig owerstes;
1229en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drie duisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly;
1230en van die seuns van Efraim, twintig duisend agt honderd, dapper helde, manne van naam in hulle families;
1231en van die halwe stam van Manasse agttien duisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak;
1232en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel;
1233van Sébulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftig duisend aaneengesluit, en nie met 'n dubbele hart nie;
1234en van Náftali duisend owerstes, en saam met hulle sewe en dertig duisend met skild en spies;
1235en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt en twintig duisend ses honderd;
1236en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertig duisend;
1237en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd en twintig duisend met allerhande wapens vir krygsdiens.
1238Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met 'n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak.
1239En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei.
1240En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel.
131En Dawid het raad gehou met die owerstes oor duisend en oor honderd, met elke bevelhebber;
132en Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As julle dit goedvind en dit van die HERE onse God is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in al die landstreke van Israel, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom.
133En laat ons die ark van onse God na ons toe oorbring, want in die dae van Saul het ons daar nie na gevra nie.
134Toe sê die hele vergadering dat hulle so moes doen, want die saak was reg in die oë van die hele volk.
135En Dawid het die hele Israel versamel van die Sihor in Egipte af tot by die ingang na Hamat, om die ark van God uit Kirjat-Jeárim te gaan haal.
136Daarna het Dawid met die hele Israel opgetrek na Báäla, na Kirjat-Jeárim wat aan Juda behoort, om daarvandaan op te bring die ark van God die HERE wat op die gérubs troon, waaroor die Naam uitgeroep is.
137En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer uit die huis van Abinádab, en Ussa en Agjo het die wa gedrywe.
138En Dawid en die hele Israel het voor die aangesig van God met alle mag gespeel, sowel met liedere as met siters en harpe en tamboeryne en simbale en trompette.
139Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het Ussa sy hand uitgesteek om die ark vas te hou, want die osse het gestruikel.
1310Daarop het die toorn van die HERE ontvlam teen Ussa, en Hy het hom getref, omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het, sodat hy daar voor die aangesig van God gesterf het.
1311En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.
1312En Dawid het daardie dag vir God bevrees geword en gesê: Hoe kan ek die ark van God na my toe bring?
1313Daarom het Dawid die ark nie by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom, die Gittiet.
1314En die ark van God het by die huis van Obed-Edom in sy huis gebly drie maande lank, en die HERE het die huis van Obed-Edom geseën met alles wat hy gehad het.
141Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en messelaars en skrynwerkers om vir hom 'n huis te bou.
142So het Dawid dan gewaargeword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van sy volk Israel.
143En Dawid het in Jerusalem nog meer vroue geneem, en Dawid het die vader van nog meer seuns en dogters geword.
144En dit is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het: Sámmua en Sobab, Natan en Salomo
145en Jibhar en Elisúa en Elpélet
146en Noga en Nefeg en Jafía
147en Elisáma en Beëljada en Elifélet.
148Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid dit hoor, het hy teen hulle uitgetrek.
149En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.
1410Toe het Dawid God geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan hom gesê: Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee.
1411En toe hulle optrek by Baäl-Pérasim, het Dawid hulle daar verslaan, en Dawid het gesê: God het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hulle dié plek Baäl-Pérasim genoem.
1412En hulle het hul gode daar agtergelaat; en Dawid het bevel gegee, en hulle is met vuur verbrand.
1413Maar die Filistyne het hulle nog weer in die dal versprei.
1414Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.
1415En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want God het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.
1416En Dawid het gedoen soos God hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot by Geser.
1417En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande, en die HERE het die skrik vir hom op al die nasies gelê.
151En hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor 'n tent opgeslaan.
152Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.
153En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die HERE te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.
154En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:
155van die seuns van Kehat: Uriël, die owerste, en sy broers, honderd en twintig;
156van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, twee honderd en twintig;
157van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd en dertig;
158van die seuns van Elisáfan: Semája, die owerste, en sy broers, twee honderd;
159van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;
1510van die seuns van Ussiël: Amminádab, die owerste, en sy broers, honderd en twaalf.
1511En Dawid het Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete Uriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Amminádab laat roep
1512en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.
1513Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die HERE onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.
1514Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die HERE, die God van Israel, te gaan haal.
1515En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die HERE beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.
1516En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.
1517Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van Kusája;
1518en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jehíël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el, die poortwagters;
1519en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;
1520en Sagaría en Asiël en Semíramot en Jehíël en Unni en Elíab en Maäséja en Benája met harpe, met sopraanstemme;
1521en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el en Asásja met siters om in die bas leiding te gee.
1522En Kenánja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.
1523En Berégja en Élkana was poortwagters by die ark.
1524En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.
1525Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die HERE met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.
1526En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die HERE dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.
1527En Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het 'n linneskouerkleed aangehad.
1528En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.
1529Toe die verbondsark van die HERE by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.
161Nadat hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God.
162Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE geseën.
163En hy het aan elkeen van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen 'n broodjie en 'n stuk vleis en 'n rosynekoek uitgedeel.
164En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:
165Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jehíël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp-- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het,
166en Benája en Jahásiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die verbondsark van God.
167Op dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om "loof die HERE" te sing.
168Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend!
169Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.
1610Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.
1611Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
1612Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,
1613o nageslag van Israel, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!
1614Hy, die HERE is onse God; oor die ganse aarde is sy oordele.
1615Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte--
1616die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
1617wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
1618met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle afgemete erfdeel.
1619Toe julle min mense was, min en vreemdelinge daarin,
1620en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk,
1621het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:
1622Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
1623Sing tot eer van die HERE, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag.
1624Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.
1625Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode.
1626Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.
1627Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek.
1628Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.
1629Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.
1630Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
1631Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!
1632Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is.
1633Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel.
1634Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;
1635en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
1636Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die HERE!
1637En hy het daar voor die verbondsark van die HERE Asaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag;
1638en ook Obed-Edom met hulle broers, agt en sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedútun, en Hosa as poortwagters;
1639maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van die HERE, op die hoogte wat in Gíbeon is,
1640om gedurigdeur smôrens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan die HERE te bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het;
1641en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is;
1642en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort.
1643En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawid omgedraai om sy huisgesin te seën.
171En toe Dawid in sy huis gewoon het, sê Dawid aan die profeet Natan: Kyk, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die verbondsark van die HERE onder tentdoeke.
172Toe sê Natan vir Dawid: Doen alles wat in u hart is, want God is met u.
173Maar in dieselfde nag kom die woord van God tot Natan en sê:
174Gaan sê vir Dawid, my kneg: So spreek die HERE: Jy mag nie vir My die huis bou om in te woon nie.
175Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek Israel laat optrek het tot vandag toe nie, maar Ek het gekom van tent tot tent, en van tabernakel tot tabernakel.
176Oral waar Ek rondgetrek het onder die hele Israel, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die Rigters van Israel wat Ek aangestel het om my volk op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?
177So moet jy dan nou aan my kneg Dawid sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld, agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk Israel.
178En Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande uitgeroei voor jou uit; en Ek sal vir jou 'n naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;
179en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer mishandel soos vroeër nie,
1710naamlik van die dae af dat Ek Rigters oor my volk Israel aangestel het; en Ek sal al jou vyande verneder. Daarom gee ek jou te kenne dat die HERE vir jou 'n huis sal stig.
1711En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en sy koningskap bevestig.
1712Hy sal vir My 'n huis bou, en Ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid.
1713Ék sal vir hom 'n vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees, en my goedertierenheid sal Ek van hom nie laat wyk soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie.
1714Maar Ek sal hom laat bestaan in my huis en in my koninkryk tot in ewigheid, en sy troon sal vas staan tot in ewigheid.
1715Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek.
1716Toe het koning Dawid heengegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, HERE God, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?
1717En dit was nog te gering in u oë, o God, sodat U aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek en my vorentoe as 'n reeks van mense gesien het, HERE God!
1718Wat kan Dawid daar nog vir U byvoeg met die oog op die eer wat u kneg aangedoen is; en U ken u kneg.
1719HERE, ter wille van u kneg en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen om al hierdie groot dinge bekend te maak.
1720HERE, daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
1721En wie is soos u volk Israel, 'n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as 'n volk gaan verlos het, om vir U 'n naam te maak deur groot en vreeslike dinge, deur voor u volk uit, wat U uit Egipte verlos het, nasies te verdrywe.
1722En U het u volk Israel vir U as 'n volk tot in ewigheid gemaak; en U, HERE, U het vir hulle 'n God geword.
1723Laat dan nou, HERE, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, tot in ewigheid waar gemaak word, en doen soos U gespreek het.
1724Ja, laat dit waar gemaak word en laat u Naam groot word tot in ewigheid, deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare, die God van Israel, is Israel se God, en die huis van u kneg Dawid is bestendig voor u aangesig.
1725Want U, my God, het die oor van u kneg geopen, dat U vir hom 'n huis sal stig; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om voor u aangesig te bid.
1726En nou, HERE, U is God, en U het hierdie goeie saak oor u kneg gespreek.
1727Dit het U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën om vir ewig voor u aangesig te wees; want U, HERE, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees.
181En hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met sy onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem.
182Hy het ook die Moabiete verslaan, sodat die Moabiete Dawid se belastingpligtige knegte geword het.
183Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig.
184En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewe duisend perderuiters en twintig duisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
185En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadaréser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan.
186En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
187En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadaréser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
188En uit Tibhat en uit Kun, stede van Hadaréser, het Dawid ontsaglik veel koper weggeneem; daarvan het Salomo die kopersee en die pilare en die kopergereedskappe gemaak.
189Toe Toü, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadaréser, die koning van Soba, verslaan het,
1810stuur hy sy seun Hadóram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens dat hy teen Hadaréser geveg en hom verslaan het, want Hadaréser was 'n vyand van Toü. Ook allerhande goue en silwer-- en kopervoorwerpe het hy saamgebring.
1811Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.
1812Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Soutdal verslaan, agttien duisend.
1813En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
1814En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.
1815En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
1816En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Sausa was skrywer.
1817En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die oudste seuns van Dawid was in diens van die koning.
191Daarna het Nahas, die koning van die kinders van Ammon, gesterwe, en sy seun het in sy plek koning geword.
192Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, want sy vader het aan my guns bewys. Daarom het Dawid boodskappers gestuur om hom te troos oor sy vader. Toe dan die dienaars van Dawid in die land van die kinders van Ammon by Hanun aankom om hom te troos,
193het die vorste van die kinders van Ammon vir Hanun gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het sy dienaars nie na u gekom om die land te deursoek en dit om te keer en te verken nie?
194Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer hulle en sny hulle klere in die helfte af tot by die sitplek, en hy het hulle laat gaan.
195En toe hulle heengegaan het en van Dawid aangaande die manne berig gebring is, stuur hy bodes om hulle te ontmoet, want die manne was baie skaam; en die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.
196Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul by Dawid gehaat gemaak het, het Hanun en die kinders van Ammon duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Mesopotámië en uit Aram-Máäga en uit Soba te huur.
197En hulle het vir hulle twee en dertig duisend waens gehuur, en die koning van Máäga met sy manskappe; en hulle het gekom en voor Medéba laer opgeslaan; ook die kinders van Ammon het saamgekom uit hulle stede om oorlog te voer.
198En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër, die helde, gestuur.
199En die kinders van Ammon het uitgetrek en hulle in slagorde opgestel by die ingang van die stad, terwyl die konings wat gekom het, afsonderlik in die veld was.
1910Toe Joab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel uitgekies en hulle teenoor die Arameërs opgestel.
1911Maar die orige manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai gegee, en hulle het hul teenoor die kinders van Ammon opgestel.
1912En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom.
1913Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!
1914Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug.
1915Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het in Jerusalem aangekom.
1916Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.
1917Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg.
1918Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe duisend trekperde en veertig duisend man voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood.
1919En toe die dienaars van Hadaréser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Dawid vrede gesluit en hom gedien; en die Arameërs wou die kinders van Ammon nie verder help nie.
201En ná verloop van 'n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek.
202En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan 'n talent goud was; en daarin was 'n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het 'n baie groot buit van die stad uitgebring.
203Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.
204En daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïte verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het.
205En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.
206En daar was weer oorlog by Gat, en daar was 'n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier en twintig; en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete.
207En hy het Israel uitgedaag, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.
208Hulle was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.
211Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.
212En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israelvan Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet.
213En Joab sê: Mag die HERE by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?
214Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.
215En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elf honderd duisend man wat die swaard uittrek, en Juda vier honderd en sewentig duisend man wat die swaard uittrek.
216Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Joab 'n gruwel.
217En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.
218Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.
219En die HERE het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:
2110Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.
2111Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: So spreek die HERE: Kies vir jou
2112óf drie jaar lank hongersnood, óf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, óf drie dae lank die swaard van die HERE, naamlik pes in die land deurdat die engel van die HERE verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.
2113Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
2114En die HERE het 'n pes onder Israel beskik, en van Israel het daar sewentig duisend man geval.
2115En God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die HERE dit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van die HERE het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.
2116Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van die HERE staan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.
2117En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? HERE, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen u volk nie.
2118Daarop gee die engel van die HERE bevel aan Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir die HERE 'n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
2119En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad wat hy in die Naam van die HERE gespreek het.
2120Toe Ornan hom omdraai, sien hy die engel; en sy vier seuns wat by hom was, het hulle weggesteek; Ornan het naamlik koring gedors.
2121Toe Dawid by Ornan kom, het Ornan opgekyk en Dawid gesien, en hy het van die dorsvloer uitgegaan en hom voor Dawid met sy aangesig na die aarde gebuig.
2122Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir die HERE 'n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.
2123Maar Ornan sê vir Dawid: Neem dit vir u, en laat my heer die koning doen wat goed is in sy oë; kyk, ek gee die beeste as brandoffers en die sleë as hout en die koring as 'n spysoffer; ek gee dit alles.
2124Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle geld; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir die HERE neem, dat ek verniet 'n brandoffer sou bring nie.
2125En Dawid het vir die plek ses honderd sikkels goud in gewig aan Ornan gegee.
2126En Dawid het daar vir die HERE 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring. Onderwyl hy die HERE aanroep, het Hy hom met vuur uit die hemel op die brandofferaltaar geantwoord.
2127En die HERE het die engel beveel om sy swaard weer in die skede te steek.
2128In dié tyd, toe Dawid sien dat die HERE hom geantwoord het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, het hy daar geoffer;
2129want die tabernakel van die HERE wat Moses in die woestyn gemaak het, en die brandofferaltaar was in dié tyd op die hoogte in Gíbeon.
2130En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die HERE.
221En Dawid het gesê: Dit is die huis van die HERE God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.
222En Dawid het bevel gegee om die vreemdelinge wat in die land van Israel was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die huis van God te bou.
223En Dawid het yster in groot hoeveelheid byeengebring as spykers vir die poortdeure en as kramme, en koper in menigte, onweegbaar;
224verder sederblokke, ontelbaar; want die Sidoniërs en die Tiriërs het vir Dawid sederblokke in menigte gebring.
225Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die HERE gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot 'n roem en 'n sieraad van al die lande; laat my dan vir hom die bou voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.
226Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om 'n huis vir die HERE, die God van Israel, te bou.
227En Dawid het aan Salomo gesê: My seun, ek self het my voorgeneem om 'n huis te bou vir die Naam van die HERE my God.
228Maar die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.
229Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word; hy sal 'n man van rus wees, en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.
2210Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en hy sal vir My 'n seun wees, en Ek vir hom 'n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel bevestig tot in ewigheid.
2211Nou, my seun, mag die HERE met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die HERE jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.
2212Mag die HERE jou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van die HERE jou God te onderhou.
2213Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat die HERE aan Moses oor Israel beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
2214En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die HERE honderd duisend talente goud en 'n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.
2215Verder is daar by jou werksmense in menigte: klipkappers en ambagsmanne in klip en hout, en allerhande kunstenaars in allerhande werk.
2216Wat die goud, die silwer en die koper en die yster betref, dit is ontelbaar. Maak jou klaar en gaan aan die werk, en mag die HERE met jou wees!
2217En Dawid het al die vorste van Israel bevel gegee om sy seun Salomo te help, en gesê:
2218Was die HERE julle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van die HERE en voor sy volk onderwerp.
2219Rig nou julle hart en julle siel daarop om die HERE julle God te soek, en maak julle gereed en bou die heiligdom van die HERE God, dat julle die verbondsark van die HERE en die heilige voorwerpe van God kan bring in die huis wat vir die Naam van die HERE gebou sal word.
231Toe Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.
232En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.
233En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt en dertig duisend man.
234Van hulle moet vier en twintig duisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en ses duisend opsigters en regters wees;
235en vier duisend poortwagters en vier duisend lofsangers tot eer van die HERE met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.
236En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
237Van die Gersoniete: Láedan en Símeï.
238Die seuns van Láedan was: die hoof Jehíël en Setam en Joël, drie;
239die seuns van Símeï was: Selómit en Hasíël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van Láedan.
2310En die seuns van Símeï was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeï.
2311En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam 'n familie, een klas gevorm het.
2312Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, vier.
2313Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
2314En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.
2315Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;
2316die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.
2317En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;
2318die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;
2319die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;
2320die seuns van Ussiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;
2321die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.
2322En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.
2323Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.
2324Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.
2325Want Dawid het gesê: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;
2326so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.
2327Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)
2328Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;
2329en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;
2330en om môre vir môre te staan om die HERE te loof en te prys, en net so saans;
2331en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE.
2332So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE.
241Ook die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.
242Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Itamar die priesteramp bedien het.
243En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.
244Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Itamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Itamar volgens hulle families agt.
245En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleásar en onder die seuns van Itamar.
246En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Itamar.
247En die eerste lot het uitgekom vir Jójarib, die tweede vir Jedája,
248die derde vir Harim, die vierde vir Seórim,
249die vyfde vir Malkía, die sesde vir Mijámin,
2410die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abía,
2411die negende vir Jésua, die tiende vir Segánja,
2412die elfde vir Éljasib, die twaalfde vir Jakim,
2413die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesébeab,
2414die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,
2415die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happísses,
2416die negentiende vir Petágja, die twintigste vir Eségiël,
2417die een en twintigste vir Jagin, die twee en twintigste vir Gamul,
2418die drie en twintigste vir Delája, die vier en twintigste vir Maäsja.
2419Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die HERE te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.
2420Wat die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Súbael; van die seuns van Súbael: Jégdeja.
2421Wat Rehábja betref, van die seuns van Rehábja: Jissía, die hoof.
2422Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat.
2423En die seuns van Hebron: Jería, die eerste; Amárja, die tweede; Jahásiël, die derde; Jekámeam, die vierde.
2424Die seuns van Ussiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.
2425Die broer van Miga was Jissía; van die seuns van Jissía: Sagaría.
2426Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsía.
2427Die seuns van Merári deur sy seun Jaäsía was Soham en Sakkur en Hibri.
2428Van Magli: Eleásar; dié het geen seuns gehad nie.
2429Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jerágmeël.
2430En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.
2431En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.
251En Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was--
252van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het.
253Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE;
254van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ussiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot.
255Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
256Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die HERE, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.
257En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die HERE, almal meesters, was twee honderd agt en tagtig.
258En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.
259En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir Josef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;
2510die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;
2511die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;
2512die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
2513die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;
2514die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;
2515die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;
2516die negende vir Mattánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
2517die tiende vir Símeï; sy seuns en sy broers, twaalf;
2518die elfde vir Asáreël; sy seuns en sy broers, twaalf;
2519die twaalfde vir Hasábja; sy seuns en sy broers, twaalf;
2520die dertiende vir Súbael; sy seuns en sy broers, twaalf;
2521die veertiende vir Mattítja; sy seuns en sy broers, twaalf;
2522die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf;
2523die sestiende vir Hanánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
2524die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf;
2525die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf;
2526die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf;
2527die twintigste vir Eliáta; sy seuns en sy broers, twaalf;
2528die een en twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf;
2529die twee en twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf;
2530die drie en twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf;
2531die vier en twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf.
261Wat die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Kore, van die seuns van Ébjasaf.
262En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,
263Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.
264Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,
265Ammiël die sesde, Issaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.
266Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.
267Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.
268Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee en sestig van Obed-Edom.
269Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.
2610En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.
2611Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
2612Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.
2613En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.
2614En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;
2615op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;
2616op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.
2617Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.
2618By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.
2619Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.
2620En die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:
2621die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;
2622die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die HERE.
2623Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,
2624Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.
2625En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.
2626Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het--
2627van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus--
2628ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja--wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.
2629Van die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;
2630van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend sewe honderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning.
2631Van die Hebroniete was Jería die hoof--daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead--
2632en sy broers, dapper manne, twee duisend sewe honderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.
271En dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend:
272oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier en twintig duisend.
273Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.
274En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
275Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier en twintig duisend.
276Hierdie Benája was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.
277Die vierde vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
278Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
279Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
2710Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
2711Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
2712Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
2713Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
2714Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
2715Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Otniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
2716En oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;
2717oor die Leviete was Hasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete, Sadok;
2718oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van Mígael;
2719oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Asriël;
2720oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;
2721oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;
2722oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.
2723Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die HERE het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.
2724Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.
2725En oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Adiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.
2726En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.
2727En oor die wingerde was Símeï, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet.
2728En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hanan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.
2729En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Adlai.
2730En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was Jégdeja, die Meronotiet.
2731En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.
2732En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.
2733En Agitófel was raadgewer van die koning; en Húsai, die Arkiet, was die vriend van die koning.
2734En ná Agitófel: Jójada, die seun van Benája, en Abjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.
281Toe het Dawid al die owerstes van Israel, die stamowerstes en die owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was, en die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd en die owerstes oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die hofdienaars en die helde en elke dapper man in Jerusalem bymekaar laat kom.
282En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om 'n huis van rus vir die verbondsark van die HERE te bou en vir die voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.
283Maar God het aan my gesê: Jy mag vir my Naam nie 'n huis bou nie, want jy is 'n man van oorloë, en jy het bloed vergiet.
284Maar die HERE, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.
285En uit al my seuns--want die HERE het my baie seuns gegee--het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die HERE oor Israel.
286En Hy het aan my gesê: Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou, want Ek het hom vir My as 'n seun verkies, en Ék sal vir hom 'n Vader wees.
287En Ek sal sy koningskap bevestig tot in ewigheid as hy getrou my gebooie en my verordeninge onderhou, soos vandag.
288Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die HERE, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van die HERE julle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.
289En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.
2810Kyk nou, die HERE het jou verkies om 'n huis vir 'n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit.
2811En Dawid het aan sy seun Salomo 'n voorbeeld gegee van die voorportaal en die daarby behorende geboue, van sy skatkamers en sy bovertrekke en sy binnevertrekke en van die vertrek van die versoendeksel;
2812en 'n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van die HERE en van al die kamers rondom en die skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;
2813en van die afdelings van die priesters en die Leviete, en van al die dienswerk in die huis van die HERE en al die gereedskappe vir die diens in die huis van die HERE;
2814aan goud, het hy gegee, volgens die gewig aan goud vir al die gereedskappe van elke diens; vir al die silwergereedskappe volgens die gewig, vir al die gereedskappe van elke diens;
2815en die gewig aan goud vir die goue kandelaars en hulle lampe volgens die gewig van elke kandelaar en sy lampe; en vir die silwerkandelaars volgens die gewig van 'n kandelaar en sy lampe, ooreenkomstig die diens van elke kandelaar;
2816en die goud volgens gewig vir die tafels van die toonbrode, vir elke tafel afsonderlik, en silwer vir die silwertafels;
2817en vir die vurke en komme en kanne, suiwer goud, en vir die goue bekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik;
2818en vir die reukaltaar gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa, die gérubs, wat hul vlerke moet uitsprei en die verbondsark van die HERE moet beskut.
2819Dit alles--al die werke van die voorbeeld--het Hy my geleer volgens 'n beskrywing uit die hand van die HERE wat oor my was.
2820En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het.
2821En daar is die afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die huis van God; verder het jy by jou in elke soort werk allerhande kunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake.
291Verder het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het, is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir 'n mens is die paleis nie, maar vir die HERE God.
292En uit al my krag het ek gereed gelê vir die huis van my God: goud vir die goue en silwer vir die silwer-- en koper vir die koper--, yster vir die yster-- en hout vir die houtwerke; oniksstene en stene om in te lê, swart en veelkleurige stene, en allerhande kosbare stene en marmerstene in menigte.
293Bowendien, omdat ek behae het in die huis van my God, besit ek persoonlik goud en silwer; dit gee ek aan die huis van my God bo en behalwe alles wat ek vir die huis van die heiligdom in gereedheid gebring het:
294drie duisend talente goud, uit goud van Ofir, en sewe duisend talente gelouterde silwer om daarmee die mure van die geboue oor te trek;
295goud vir die goue en silwer vir die silwervoorwerpe en vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vul vir 'n offer aan die HERE?
296Toe het vrywillig gegee: die familie-owerstes en die stamowerstes van Israel en die owerstes oor duisend en oor honderd en ook die owerstes oor die diens van die koning.
297En hulle het gegee vir die diens van die huis van God: aan goud vyf duisend talente en tien duisend darieke; en aan silwer tien duisend talente; en aan koper agttien duisend talente; en aan yster honderd duisend talente.
298En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die huis van die HERE onder toesig van Jéhiël, die Gersoniet.
299En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met 'n volkome hart het hulle vrywillig aan die HERE gegee, en ook koning Dawid was baie bly.
2910En Dawid het die HERE geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid.
2911Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.
2912En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.
2913En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.
2914Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.
2915Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos 'n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.
2916HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, 'n huis te bou--dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.
2917En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.
2918HERE, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so 'n gesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U;
2919en gee aan my seun Salomo 'n volkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om die paleis te bou wat ek voorberei het.
2920Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die HERE julle God. Toe het die hele vergadering die HERE, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die HERE en voor die koning neergeval.
2921En hulle het daardie volgende dag slagoffers aan die HERE geoffer en brandoffers aan die HERE gebring: duisend bulle, duisend ramme, duisend lammers, met die drankoffers daarvan, en slagoffers in menigte vir die hele Israel.
2922En hulle het dié dag geëet en gedrink voor die aangesig van die HERE met groot blydskap, en Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede maal koning gemaak en as vors gesalf vir die HERE en Sadok as priester gesalf.
2923So het Salomo dan op die troon van die HERE gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel was hom gehoorsaam.
2924En al die owerstes en die helde en selfs al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp.
2925En die HERE het Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Israel, en Hy het 'n koninklike majesteit op hom gelê wat op geen enkele koning oor Israel voor hom gewees het nie.
2926So was dan Dawid, die seun van Isai, koning oor die hele Israel;
2927en die dae wat hy oor Israel geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig geregeer.
2928En hy het in goeie ouderdom gesterwe, afgeleef, vol rykdom en eer, en sy seun Salomo het in sy plek koning geword.
2929En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van die siener Samuel en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad,
2930saam met sy hele koningskap en sy heldedade en die tye wat oor hom en oor Israel en oor al die koninkryke van die lande heengegaan het.